|
Uit Die Kantoor

Met Moedersdag in gedagte, deel ek graag vanoggend se opening
van Dirk Theunis-sen met u:
‘n Tydjie gelede hardloop ‘n vrou ‘n afslag-winkel binne om
gou-gou haar laaste Kersgeskenke te gaan koop. Binne krioel dit
van mense, daar is lang toue by die kasregisters en die vrou se
geduld is min.
Toe sy later haar volgelaaide waentjie na ‘n betaalpunt stoot,
beland sy agter twee klein kindertjies in die tou.
Herfsplantdag


Binne 50 minute is 460 kissies saailinge geplant! Sê asseblief
baie dankie aan die amper 50 ouers wat kom help het.
Moederdag 13 Mei


Moedersdaggeskenkies sal vanaf Maandag 7 Mei deur die
prefekte in die promenade verkoop word. ‘n Beperkte hoeveelheid
is beskikbaar en om teleurstelling te voorkom, sorg dat jy die
geld vroegtydig bring.
Houtkruisies (wit / bruin) R15
Hartjies gevul met lekkers R10
Magnete R10
Sleutel- en handsakhouers R15
Houtharte R15
St Michael's
Kunswedstryd

7 – 12 MEI
Daar is meer as 130 items waaraan Willem Postma se
musiekleerders gaan deelneem tydens die St. Michael’s
Kunswedstryd. Individuele
optreetye is by die onderskeie musiekonderwyseresse beskikbaar.
Die groepstye is soos volg:
Skooldrag

Wintersdrag is vanaf die 2de Mei die amptelike
drag. Leerders kan egter reeds aan die begin van die tweede
kwartaal wintersdrag dra, maar let asseblief daarop dat die
skoolreëls bepaal dat die rooi top nie by somersdrag gedra mag
word nie – slegs die skooltrui.
Bybelvasvra 2012
 Baie
sterkte aan die volgende Graad 6- leerders wat Vrydag 18 Mei aan
die eerste rondte van die Nasionale Bybelvasvra gaan deelneem:
|
Rugby


Dit was ‘n baie geslaagde rugbyligadag en ons wen 9 van die
12 wedstryde. Die verloorspanne het egter ook manmoedig probeer
en hulle beste gegee. Ons is net so trots op julle as op die
ander spanne.
Nautilus

Graag wens ons die volgende leerders geluk met hul mooi
prestasies tydens die 2de Nautiluskamp van die jaar.
Jason Schimper (Gr. 4) – 2de plek
Joe Schimper (Gr. 6) – 1ste plek
Ons is trots op julle.
Hokkie

Sterkte aan die volgende o/13 seuns wat hierdie naweek aan
die Suid-Vrystaat hokkieproewe gaan deelneem :
- Franklin Damons
- Jan-Hendrik Strydom
- Johann van der Schyff
- Lochner van der Schyff
- Louis Gouws
- Louis James
- Wian van Coppenhagen
Die datums vir die o/12 en o/13 seuns en dogters
Suid-Vrystaatproewe is soos volg
:o/13
11 Mei (14:00 – 17:00)
12 Mei (08:00 – 12:00)
o/12
18 Mei (14:00 – 17:00)
19 Mei (08:00 – 12:00)
Voortrekkers


Onthou van die spesialisasiedag vir Graad 4 tot 6 Penkoppe en
Drawwertjies op 19 Mei.
Skaak

Uitslae van liga gespeel op 8 Mei :
Jnr A-span wen 3½ - 2½ teen Universitas; Jnr B-span verloor 2 -
4 teen Sentraal; Snr B-span wen 5 - 3 teen Wilgehof; Snr C-span
verloor 1 - 7 teen Sentraal
Snr D-span wen 5 - 3 teen Koot Niemann
Netbal
Ligawedstryde

Ons het hierdie week teen President Brand gespeel. Dit het
goed met ons spanne gegaan en ons is trots op elke Possie wat
bygedra het om van hierdie dag ‘n sukses te maak.
Landloop

Baie geluk aan die volgende atlete wat pragtig presteer
het tydens die eerste byeenkoms:
|
Nuutste Dokumente

Posduifie
15 van 2012
Toetsrooster Kw 3
Toetsrooster Kw 2
Eksamenrooster Kw 2
Posduifie
14 van 2012
Posduifie
13 van 2012
Posduifie
12 van 2012
Kwartaal
2 Kalender 2012
Diensboek 2012
Inskrywings Prosedure Gr1
Skryfbehoeftes Gr4
Skryfbehoeftes Gr5,6,7
Kalender 2012

13/05/2012
ASSESSERING
15/05/2012
ASSESSERING
Skaakliga
16/05/2012
ASSESSERING
Rugby- en Netballiga
Netbal o/12 en o/13
VS Proewe
17/05/2012
ASSESSERING
18/05/2012
ASSESSERING
Beloningsdag 1
Hokkie SV o/12 Proewe
19/05/2012
Hokkie SV o/12 Proewe
Verjaarsdae

Die volgende personeel verjaar gedurende Meimaand:
9 Joanette Douglas
9 Lauraine Schultz
15 Schalk Brand
17 Jan-Louis Venter
22 Riaan Hefer
25 Niël van Pletsen
31 Pieter Klindt
Fanie Smit
Feeskonsert

Sondag 13 Mei om 15:00 vind Fanie Smit se feeskonsert in die
NG Kerk Universitas (geleë in Strausstraat) plaas.
Die Bloemfonteinse Kinderkoor asook cantando@bloem (van ons
Possie-ouers en personeel is lede van dié koor) tree tydens die
geleentheid op. Dit beloof om ‘n spesiale konsert te wees met
pragtige musiek en koorsang.
Kaartjies is teen R85 by Computicket verkrygbaar.
Lief en Lied

Baie geluk aan Jean en Magriet, ouers van Gustav, Wilmien en
Anri du Plessis, met die geboorte van klein Sion. Mag hy baie
vreugde in julle lewens bring.
Baie geluk aan mnr. Frikkie Strauss en sy vrou, Cecelia, met die
nuus van ‘n baba wat oppad is.
Buite-Aktiwiteite

Johke
Smit behaal ‘n 3de plek in die 50m Borsslag tydens die Telkom SA
Level 1 kompetisie.
Buitemuurse Rooster Kw 2
|