Willem Postma - Gelukkige Kinders


 

Willem Postma Google Maps

Kry ons op
Google Maps HIER!

 

Willem Postma Kalender

Sien ons Kalender HIER!

 

Willem Postma Blog
Lees ons WPS Blog HIER!

 


_______________________

GEDAGTE VIR DIE WEEK:

As jy dit nie van aangesig tot aangesig kan sê nie, dink twee keer voordat jy dit sms of e-pos.

 

_______________________
ONS VISIE:

Christelik verantwoordbare opvoedende onderwys aan ons leerders vir optimale ontwikkeling van elkeen se God-gegewe potensiaal.

 

_______________________
KOTAK ONS:

Tel: 051-436 2730/1
Faks: 051-436 4174
E-pos: wpps@wpps.co.za

 

 

_______________________
"KWEEK TROTS,
LIEFDE, RESPEK
EN LOJALITEIT"


 

Willem Postma - Gelukkige Kinders

Sport

KENNISGEWING

MEDIA

LEERDERS

Hou by die reëls (vuilspel, swak gedrag en oneerlikheid sal nie geduld word nie). Afwesigheid van oefeninge sonder toestemming is onaanvaarbaar. Wanneer met ʼn sportsoort begin word, moet daarmee volhard word. Onthou om die korrekte kleredrag aan te trek. Ondersteun die wedstryde van jou maats. Seuns kan gerus die dogters by die netbalwedstryde ook ondersteun en andersom. ʼn Volledige buitemuurse rooster word aan julle gegee. Reël al julle ander bedrywighede sodat dit nie sal bots met die skoolaktiwiteite nie.
As daar botsings voorkom, reël vroegtydig met jou afrigter sodat ʼn plan gemaak kan word. Onthou ons speel om te wen, maar ook om as wenners van ʼn verloorveld af te stap.

Deelnemers in sport:

  • Leerders wat die skool verteenwoordig as deelnemers in enige sportaktiwiteit moet geklee wees in die sportdrag soos in 4.3 hierbo uiteengesit, tydens en na deelname in sodanige aktiwiteit.
     
  • Leerders wat deelneem aan gemelde sportaktiwiteite moet lojaal wees teenoor die skool en mede-

Links

Leerders
Ouerbetrokkenheid
Ouderdom en Ligabepaling

Rugby
Netbal
Hokkie
Swem
Atletiek
Skaak
Krieket
Tennis
Mini-Tennis
Landloop
Tweekamp

Sportdrag

Fotos

Sport Albums

deelnemers. In die besonder moet deelnemers betyds en stiptelik aanmeld by die plek waar die aktiwiteit plaasvind of vanwaar die deelnemers vertrek na die betrokke plek van deelname. Afwesigheid van ʼn aktiwiteit waarvoor ʼn leerder gekies is om die skool te verteenwoordig sal slegs gekondoneer word indien ʼn skriftelike verskoning aan die sporthoof oorhandig word, nie later nie as drie dae, nadat die betrokke aktiwiteit plaasgevind het.

  • Deelnemers aan gemelde sportaktiwiteite moet te alle tye hoflik optree en voldoen aan die beslissings, voorskrifte en opdragte van :
    • die sporthoof en die opvoeder betrokke by die spesifieke sport;
    • die skeidsregter of beoordelaar tydens van die betrokke aktiwiteit;
    • die spankaptein.
       
  • Leerders wat aan sportaktiwiteite deelneem moet dit met oorgawe en met volle inspanning doen, maar met die nodige selfbeheersing en dissipline. In die besonder mag leerders nie op ʼn onsportiewe wyse optree nie en mag nie vuil of beledigende taal gebruik of betrokke raak by insidente of hulle skuldig maak aan onbehoorlike spel van enige aard nie.
     
  • Alle leerders wat enige skoolaktiwiteit as toeskouers of ondersteuners bywoon sal hulle weerhou van ontwrigtende, opruiende of onbetaamlike gedrag. In die besonder mag leerders nie negatief reageer op die beslissings van beoordelaars of skeidsregters nie.
     
  • Leerders wat enige skoolaktiwiteit bywoon moet die opdragte en aanwysings gehoorsaam van die prinsipaal, enige opvoeder, lid van die leerlingraad of ouer deur die prinsipaal aangestel, om te help met die aanbied van die taak.

OUERBETROKKENHEID

Word onsettend hoog waardeer. ʼn Vriendelike beroep word egter gedoen op die ouers se lojaliteit teenoor die afrigter en die skool.
Ouers word ook vriendelik versoek om nie betrokke te raak by ander skole se beamptes (skeidsregters) nie. Indien daar ʼn ongelukkigheid ontstaan kan u die skoolhoof of sporthoof kontak.
Ons vra vriendelik dat ouers die leerders betyds sal afhaal na aktiwiteite. Ons maak egter baie staat op u ondersteuning langs die velde en hoop om ons ouers in groot getalle daar te sien.
Ons vra ook dat ouers die leerders sal aanmoedig om aan die verskeie buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Ons het elke leerder se gewig nodig om ons op die sportveld te laat geld.
Ouers wat graag wil betrokke raak met afrigting en of hulp by spanne kan ook gerus die skoolhoof of sporthoof kontak. Hulp word oral verwelkom.
Vir die EERSTE DRIE WEKE word ʼn daaglikse uitgewerkte almanak aan die leerders uitgegee (Los blaaie).
ʼn Volledige buitemuurse rooster verskyn in hierdie uitgawe en soos u sal opmerk, verg dit groot organisasie om alles ingepas te kry. Hou asb. by die rooster, moedig leerders aan om te oefen en ondersteun u kind en skool.

OUDERDOM- EN LIGABEPALING

Die ouderdomsgroep waaronder ’n kind deelneem word bepaal deur die jaartal waarin hy/sy gebore is (behalwe in sekere gevalle soos later gespesifiseer).
As ’n kind in die loop van ’n jaar bv. nege word sal hy van 1 Januarie tot 31 Desember in daardie spesifieke jaar onder die ouderdomsgroep o/9 deelneem. ’n Seun wat op 2 Desember 1999 gebore is sal in 2008 o/9 wees. Dit geld ook vir ’n seun wat op 3 Januarie 1999 gebore is.

Die volgende geld t.o.v. spesifieke sportsoorte:

(LET WEL : met “7 in betrokke jaar word” word bedoel almal wat vanaf 1 Januarie tot 31 Desember 7 word in dáárdie betrokke jaar.)

RUGBY

Gr. 1
(Pienkvoete)

Alle leerders wat in sy Gr. 1-jaar sewe word d.w.s. o/7 Gr. 1 leerders wat 8 word neem deel in die o/9-groep

o/9

Leerders wat 8 en 9 in betrokke jaar word

o/11

Leerders wat 10 en 11 in betrokke jaar word

o/13

Leerders wat 12 en 13 in betrokke jaar word

o/14

Hierdie spelers sal glad nie vir enige Willem Postma span kan speel nie, maar is welkom om by hoërskoolrugby in te skakel.

NETBAL

o/7

Leerders wat 7 in betrokke jaar word

o/8

Leerders wat 8 in betrokke jaar word

o/9

Leerders wat 9 in betrokke jaar word

o/10

Leerders wat 10 in betrokke jaar word

o/11

Leerders wat 11 in betrokke jaar word

o/12

Leerders wat 12 in betrokke jaar word

o/13

Leerders wat 13 in betrokke jaar word

o/14

Hierdie spelers sal glad nie vir enige Willem Postma span kan speel nie,

maar kan by hoërskoolnetbal inskakel.

HOKKIE

Proewe

Leerders wat u/12 of u/13 is.

Toernooie en ander wedstryde

Aangesien ons slegs aan die vriendskaplike liga deelneem, word leerders toegelaat om in graadverband deel te neem.  ’n Leerder van ’n ouer ouderdom as sy graad kan dus saam met sy klasmaats in dieselfde span speel.

SWEM

Gr. 1 en 2

Tydens PLAASLIKE galas neem Gr. 1’s & 2’s in hul onderskeie klasverband deel

/o

Leerders wat in die betrokke jaar 7, 8 en 9 word

10/o

Leerders wat in die betrokke jaar 10 word

11/o

Leerders wat in die betrokke jaar 11 word

12/o

Leerders wat in die betrokke jaar 12 word

13/o

Leerders wat in die betrokke jaar 13 word

ATLETIEK

o/7

Leerders wat in die betrokke jaar 7 word

o/8

Leerders wat in die betrokke jaar 8 word

o/9

Leerders wat in die betrokke jaar 9 word

o/10

Leerders wat in die betrokke jaar 10 word

o/11

Leerders wat in die betrokke jaar 11 word

o/12

Leerders wat in die betrokke jaar 12 word

o/13

Leerders wat in die betrokke jaar 13 word

o/14

Leerders wat in die betrokke jaar 14 word

Skoolbyeenkoms

Bogenoemde ouderdomme geld

Groter byeenkomste

Slegs ouderdomme o/8 tot o/13

Vrystaat Kampioenskappe

Slegs ouderdomme o/10 tot o/13

Velditems

Geld vanaf o/10

Baanitems

Geld vanaf o/7

SKAAK

Novice

Slegs Gr. 1-spelers wat nog nooit voorheen aan ’n liga deelgeneem het nie

Juniorspanne

Gr. 1 tot Gr. 3-spelers

Seniorspanne

Gr. 4 tot Gr. 7-spelers 

(Gr. 1 tot 3-spelers mag volgens meriete in hierdie spanne speel.)

CHESSA

Ouderdomme o/10, o/12 en o/14 geld

Sone en SV

Ouderdomme o/9, o/11 en o/13 geld

KRIEKET

Gr. 1

Leerders wat 7 in betrokke jaar word

o/9

Leerders wat 8 en 9 in betrokke jaar word

o/11

Leerders wat 10 en 11 in betrokke jaar word

o/13

Leerders wat 12 en 13 in betrokke jaar word

o/14

Hierdie spelers sal glad nie vir enige Willem Postma span kan speel nie

TENNIS

Gr. 5-7

Alle leerders in Gr. 5, 6 en 7 tot en met ’n ouderdom van 14 jaar

o/11

Alle leerders wat 10 en 11 in betrokke jaar word

SV en VS Kampioenskappe

Ouderdomme o/10, o/12 en o/14 geld

WPPS Senior Kampioenskappe

Alle leerders wat 12, 13 en 14 in betrokke jaar word

WPPS Junior Kampioenskappe

Alle leerders wat 10 en 11 in betrokke jaar word

Gr. 4-7 Seuns Ranglys (Mei 2012)

MINI-TENNIS

Graad 1

Alle Gr. 1 leerders

Graad 2

Alle Gr. 2 leerders

Graad 3

Gr. 3 leerders wat o/9 is.

(Leerders mag slegs Mini-Tennis speel tot in die jaar waarin hul 9 word.)

LANDLOOP

o/8

Leerders wat in die betrokke jaar 8 word

o/9

Leerders wat in die betrokke jaar 9 word

o/10

Leerders wat in die betrokke jaar 10 word

o/11

Leerders wat in die betrokke jaar 11 word

o/12

Leerders wat in die betrokke jaar 12 word

o/13

Leerders wat in die betrokke jaar 13 word

o/14

Leerders wat in die betrokke jaar 14 word

TWEEKAMP

o/9

Leerders wat in die betrokke jaar nie ouer as 8 is voor 1 September

o/11

Leerders wat in die betrokke jaar nie ouer as 10 is voor 1 September

o/13

Leerders wat in die betrokke jaar nie ouer as 12 is voor 1 September

o/15

Leerders wat in die betrokke jaar nie ouer as 14 is voor 1 September


BELANGRIK:
Eerste/A-spanne wat die skool verteenwoordig word op grond van meriete gekies en nie noodwendig volgens ouderdomme nie.

SPORTKLEREDRAG 

Leerders moet ten alle tye die korrekte sportdrag aanhê wanneer aan wedstryde deelgeneem word. Die sweetpak mag saam met sportklere gedra word.

SWEM:DOGTERS:
Navy-blou swembroek. Willem Postma swemhanddoek.SEUNS: Navy-blou speedo. Willem Postma swemhanddoek. 

KRIEKET EN MINI KRIEKET:
Wit sporthemp. Wit L.O.-broek. Rooi kouse en Tekkies.  
TENNIS: (Kleredrag eerstespan)DOGTERS: Wit sporthemp, kobaltblou rompie, wit sokkies en tennistekkies.SEUNS: Wit sporthemp, Navy L.O.-broekie, wit sokkies en tennistekkies. 

MINITENNIS:DOGTERS:
Wit sporthemp, kobaltblou rompie, wit sokkies en tennistekkies.SEUNS: Wit sporthemp, navy L.O.-broekie, wit sokkies en tennistekkies. 

RUGBY:
(Kleredrag)Willem Postma rugbytrui, navy L.O.-broek. Die eerstespan se truie verskil. 

NETBAL:
Wit sporthemp, kobaltblou rompie met twee plooie agter, rooi kouse en tekkies.Netbal eerstespan.  

HOKKIE:DOGTERS:
Oorslaanromp, wit sporthemp, rooi kouse en tekkies.SEUNS: Wit sporthemp, navy L.O.-broek, rooi kouse en tekkies. 

ATLETIEK:
Rooi atletiekhempie, blou "Quantec jogger". 

LANDLOOP:
Rooi atletiekhempie, blou "Quantec jogger".  

 Ontwerp deur:


 

<< Vorige blad   |   Begin van blad   |   Volgende blad >>

© 2012 Willem Postma Primȇre Skool