14 Januarie 2022

Gedagte vir die week: Ps 52:10

Ek vertrou op God se goedheid solank as wat ek lewe.

Welkom terug!

Welkom terug na die welverdiende ruskans. Welkom aan die nuwe leerders en Gr 1-maats.  Sterkte vir die besige kwartaal.  Ons glo dat ons op almal se ondersteuning kan staatmaak.  Mag dit vir almal ‘n geseënde en gesonde kwartaal en jaar wees. 

Oueraand

Maandag 17 Januarie

  • Gr 2:  17:30-18:15  in hul klasse
  • Gr 3:  17:30-18:15 Saal
  • Gr 4:  18:15- 18:45 Saal
  • Gr 5:  18:15-18:45  Voor die snoepie
  • Gr 6:  18:15-18:45  Mnr Paul se klas
  • Gr 7:  18:15-18:45  Juf Sonja se klas

Haar- en Naelinspeksie: 24 Januarie

Maak asb seker dat u kind se hare en naels volgens die reëls is teen Maandag 24 Januarie.  Kinders wat dan nog nie aan die reëls voldoen nie, sal aangeteken word.

Skoolklere

Die Tralietrommel by Hoërskool Sentraal hou nou ook ons skoolklere aan.  Die winkel is daagliks oop van 11:00 tot 14:00 en kan deur die sporthek van die skool bereik word.

Wydingsdiens

Ons is bevoorreg om elke jaar te begin met ‘n wydingsdiens in Berg-en-Dal Kerk.  Vandag kon slegs die gr 6&7 leerders dit bywoon weens die beperking in getalle.  DigiTv het egter vir ons ‘n opname gemaak en u kan gerus hier daarna kyk.

Covid-protokol

Alle protokol is steeds in plek.  Geen onnodige besoekers op die terrein.  Dra van maskers is steeds verpligtend – pak asb ‘n ekstra masker in u kind se tas.  As almal saamwerk glo ons sal ons baie min onwrigting hê.

Belangrik

Alle inligting en buitemuurse roosters is op Telegram.  Laai dit asb af en bestudeer dit.

sport en kultuur

Hoogspring

Maandag sal daar geen hoogspring wees nie.  Dit skuif na Donderdag 14:00-15:00.  Die Woensdag oefening gaan normaal voort.

Kleure-atletiek: Vrydag 21 Januarie

Ons Kleure-atletiek vind op Hoërskool Sentraal se velde plaas van 7:00 tot 14:15.  Maak asb seker dat u by hierdie tye hou.  Toeskouers is welkom – hou asb by die Covid-protokol.  Gebruik asb die sporthek.

Kleuregala

Die gala vind plaas op 4 Februarie.  Meer inligting en inskrywings sal later volg.

Tennis

Alle Tennisleerders moet asb die skakel voltooi:  https://forms.gle/xhg7ADmRdW5eckyKA

Voortrekkers

Voortrekkers begin Di 25 Januarie 15:30-16:30
Inligtingaand vir nuwe ouers:  Di 18 Januarie 17:00-18:00 in die personeelkamer

Sluit aan by ons Kommando telegram waar al die inligting gedeel sal word.  Kliek hier.

Redenaars

Die leerders wat einde verlede jaar briewe ontvang het, moet die skeurstrokies Maandag by juf Sonja inhandig.

algemeen

🎶 KITAARLESSE 🎶

Kitaar word in die middae, privaat en in klein groepe, by die skool aangebied. Lesse word gereël om by die leerders se middagrooster in te pas. Kontak my om ‘n plek te bespreek en om meer inligting te kry.

Kitaargroete ♡🎵

Alba Möller
082 853 4553

Fondsinsamelingskomitee

As jy hou van beplanning, aankoop, mooi maak en adverteer van geskenkies vir Valentyns-, Moeders- en Vadersdag, raak asb betrokke by ons fondsinsamelingskomitee. Kontak vir Carli by 0834060906

Ma's wat Omgee

Die Ma’s wat Omgee bid elke Woensdagoggend om 7:15 by die middagstudielokale.

Kontak Lydia Ellis om betrokke te raak 0824913186.

Projekte waarby hulle betrokke is, is Wêreldbiddag, Voedselskema, Toebroodjie projek, Verjaarsdae van personeel en terreinwerkers en
Graad 7 Afsluiting.

Kenmekaarbraai

Gr. 4 tot 6 Kenmekaar Bring-en-Braai
Vrydag, 14 Januarie 2022
17:30 Rugbyveld
Bring stoele, eetgerei, eet- en drinkgoed. Vure word voorsien

Gr 7 Kenmekaar Bring-en-Braai:  Saterdag 15 Januarie 2022

Gr 1-3 Kenmekaar Bring-en-Braai:  Donderdag 20 Januarie 2022

Lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat reeds verjaar het en in die komende week verjaar:

  • 2 Jan – Juf Jeanette de Klerk
  • 7 Jan – Juf Hannerie
  • 15 – Mnr Chris

Simpatie

Innige meegevoel aan die volgende gesinne wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

 

  • Miné Aucamp en gesin – Oupa
Projekte

Rosyne

Ons verkoop weer hierdie jaar rosyne! 500g pakkie teen R40. Ondersteun gerus ons deurlopende fondsinsameling projek EN maak seker jou kind het ‘n gesonde peuselhappie in sy kosblik.

Hou die datum oop

POSSIE OUERS – HOU DIE DATUM OOP. Groot dinge is aan die kom – maak seker jy omkring 18 Februarie op jou kalender.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit