Finansies
Skoolgelde vir 2022
R16 000 per jaar (Gr 1-6).
R1 600.00 per maand vir 10 maande. (Februarie tot November)
R16 500 per jaar (Gr 7).
R1650.00 per maand vir 10 maande. (Februarie tot November)
Skoolgelde bly dieselfde vir ‘n tweede of derde kind
Korting
Wanneer volle skoolgeld voor die einde van Maart betaal word, word ‘n korting van 5% toegestaan.
R16 000.00 – 5% = R15 200. Tweede of meer kinders se betaling bly dieselfde. (Gr 7: R16500.00 – 5% = R15 675.00)
Bankbesonderhede
Rekeningnaam: Willem Postma Primêre Skool
FNB : Tjekrekening
Rekeningnommer: 627 338 92675
Takkode: 250655
(By betaling van skoolgeld gebruik asseblief verwysingsnommer soos aangedui op rekening vir enige ander betaling word kind se naam en aktiwiteit gebruik.)
State
Eerste state word einde Januarie uitgestuur en die laaste state einde Oktober. Rekeninge word per e-pos gestuur. Alle e-pos adresveranderings moet dringend aan die skool deurgegee word.
Betaling
Skoolfonds is betaalbaar voor die sewende van die maand. U rekeningnommer moet by “Beneficiary Reference” ingevul word. Die verwysingsnommer begin gewoonlik met die letter van die kind se van gevolg deur twee of drie syfers bv H87. Met alle skoolfonds inbetalings, asook enige korrespondensie, moet die verwysingsnommer as verwysing gebruik word.
Die verwysingsnommer word slegs by die betaling van skoolgeld gebruik en moet asb nie by enige ander betaling gebruik of vermeld word nie. U gaan byvoorbeeld u kind se naam en van met die aktiwiteit invul, bv Henk Snyman 7A Rugbytoer.
Kaartfasiliteite is beskikbaar by Mev. Pieterse in die kantoor.
Agterstallige rekeninge
Agterstallige rekeninge op 90 dae en meer, word aan die invorderaars oorhandig vir die volle bedrag van die jaar nadat al die nodige prosedures gevolg is. Enige reëlings i.v.m. agterstallige rekeninge, moet skriftelik aan Mev Marie Pieterse by invorderings@wpps.co.za gerig word. Aansoeke om vrystelling en/of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld, moet die beheerliggaam nie later as op die laaste skooldag in Februarie bereik nie. Kwytskelding aansoekvorms is by die kantoor beskikbaar. Indien u finansiële posisie deur die jaar verander is u welkom om ‘n spesiale reëling te tref.

Finansiële Beampte
Vir enige navrae oor u rekening kontak asb
Mev. Lizeth van Vuuren
Kontak Ons
Ons Borge

















