Middagstudie

By Willem Postma middagstudie is ons fokus op huiswerk en streef ons daarna om seker te maak dat elke individu deur hul huiswerk kom.  Daar is genoegsame speeltyd en eettyd voor ons begin asook ‘n 15 minuut breuk tussen die 2 studiesessies.

Die personeel by die studiesentrum het ‘n liefde en passie vir kinders. Daar is ook studente wat sal seker maak elke kind kom betyds by hul sport uit. Dissipline en roetine bly ‘n belangrike deel van die middag.

Ons sentrum is oop van Maandae tot Vrydae vanaf na skool tot 17h30. Huidige fooie is R800 per maand.  Daar is ook ‘n dagfooi van R65.

Wat ons sentrum uniek maak is die kleinklassie wat beskikibaar is vir leerders wat akademies sukkel.  Daar is ‘n gekwalifiseerde juffrou wat die regte leiding kan gee.

Vir enige navrae kan jul gerus kontak maak met Helené Bakkes.
Selnr: 084 671 1357
Mail: helbakkes@gmail.com