1 April 2021

Opwindende nuwe webtuiste

Ons is opgewonde om ons nuwe webtuiste vandag bekend te stel!  www.willempostma.co.za

U lees hierdie nuusbrief op ons webtuiste – gaan snuffel gerus ‘n bietjie rond en soek die versteekte spelfout.  U kan R1000 wen in die gelukstrekking.  Die spelfout is op die Willem Postma Webtuiste, nie in die weekbrief self nie – ook nie op O’Kulis of Preprimêr se webtuistes nie.

U kan die Huidige Ouers blad op u foon se tuisblad stoor, aangesien dit nou die amptelike plek is vir alle inligting rakende akademie, buitemuurs en weekbriewe.  D6 gaan uitgefaseer word gedurende April.

Telegram kommunikasie-kanaal

Soos hierbo genoem gaan D6 uitgefaseer word gedurende April.  Dit is daarom belangrik dat u die Telegram toepassing aflaai en die Willem Postma kommunikasie-kanaal gaan volg. 

Gebruik hierdie skakel om die kanaal te vind:  https://t.me/joinchat/TrcgIINPfhoj-tNh

Maak seker dat u “Notifications” aangeskakel is, aangesien dit die “Alert” kennisgewings van D6 gaan vervang.  Dokumente sal stil opgelaai word, en u sal slegs vir belangrike inligting ‘n klank-kennisgewing ontvang.

 

Waardes: Omgee en Burgerskap

Ons waardes word weekliks uitgeleef deur elke possie. Die Bybelversies pronk teen die kennisgewingborde in die gange en leerders word bemoedig om elke hoek en draai. 

Baie dankie aan die Ma’s wat Omgee se pragtige boodskappe hierdie week. Volg asb die skakels om na die videos te gaan kyk:

https://digitv.co.za/#/video/28769/34485/Vod

https://digitv.co.za/#/video/28776/34490/Vod 

Buitemuurs

Dis goeie nuus dat ons weer volstoom kan begin om vir die rugby- en netbalseisoen voor te berei.  Die buitemuurse rooster se tydgleuwe bly dieselfde, daar is net oefeninge ipv kondisionering.  Sien die nuwe rooster op telegram en op die webtuiste by Huidige Ouers

Eerste kwartaal sou daar atletiek, krieket en swem wees.  Tweede kwartaal is gewoonlik uitgesit vir rugby en netbal.  Derde kwartaal is hokkie en die vierde kwartaal weer krieket en atletiek.  Kultuuraktiwiteite is heel jaar vir almal beskikbaar.

Let op dat die o/13’s se krieketwedstryd wat verlede week uitgereën het, Dinsdag 6 April sal plaasvind.

GEEN TOESKOUERS MAG OP DIE TERREIN TOEGELAAT WORD NIE!

Werksafbakening

Elke leerder het vandag ‘n werksafbakening ontvang vir die toetsreeks wat op 14 April begin.  Dit is ook op die webtuiste beskikbaar onder Huidige Ouers – blaai af tot by akademie.

Dit is ‘n toetsreeks en nie ‘n eksamen nie, wat beteken dat die kinders toets skryf eerste periodes en daarna gaan die skooldag normaal voort.

Skaak

Laaste skaak oefening sal wees 6 April.

Gr.1-3 sal ‘n zoom les hê.  Gr.4-7 gewone les in Kunsklas

 Skaak sal hervat word in die tweede kwartaal.  Hou aan oefen deur die vakansie.

Grondslagfase Possiemark

Die Gr 1-3 possiemark vind op 22 April plaas.  R30 per stalletjie. 

Twee ouers per stalletjie kan help om op te slaan. Daarna kan een ouer bly tydens die verkope.

Skryf in deur hierdie google form in te vul:  https://forms.gle/NbBLWEvDsTqGsnDi7

 

Beheerliggaam Portefeuljes

Die portefeuljes is gisteraand op die eerste beheerliggaam vergadering toegeken.

Voorsitter / regsake: Stephen Rautenbach

Ondervoorsitter / Kommunikasie & Skakeling: Stefanie Jansen van Rensburg

Tesourier:  Ilse van der Merwe

Sekretaresse:  Janet Kleynhans

Geboue en Terrein / veiligheid:  Bernard Haasbroek

Fondsinsameling / ouerkomitee:  Carli van Staden

Sport en kultuur:  Mari Steyn

Lief en Leed

Verjaardae

Baie geluk aan die personeel wat verjaar:

4 April – Tannie Lizeth

7 April – Juf Alida

Meegevoel

Ons innige meegevoel met Zandrie Snyman en haar gesin met die dood van haar pa hierdie week.

Geseënde Paasfees

‘n Geseënde Paasfees word al ons Possies en hul ouers toegebid.  Mag u die genade van God ervaar.  ‘n Paasboodskap sal môre op Facebook opgelaai word.

1 Joh 3:16 – Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê.

Dankie aan die borge van hierdie weekbrief.

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit