10 Junie 2022

Gedagte vir die week: Ps 55:23

Werp jou las op die Here; Hy sal jou versorg, Hy sal nooit toelaat dat die regverdige wankel nie.

 

algemeen

Eksamen

Die eksamen is nou volstoom aan die gang, ouers moet asb toesien dat leerders goed voorberei.

Vadersdagverkope

Volgende week is vadersdagverkope.  Stuur gerus ‘n geldjie saam vir ‘n geskenkie vir pa.

Damesaand

Dankie aan al die ouers wat die damesaand vanaand ondersteun.  Geniet dit.

Seniorkoor/Eerste rugbyspan/Cheetah

Kyk gerus na die video wat ons seniorkoor en eersterugbyspan, saam met die Cheetah spelers opgeneem het.  Dankie ook aan die manspersoneel, wie se stemme in die video gehoor kan word.

Facebook: https://fb.watch/dyGS-MJumk/

Youtube:  https://youtu.be/-eRkBXa4Tus

 

Bybelvasvra

Datum: 23 Junie  (In skooltyd – nadat Eksamen afgehandel is)

  • Elke span gebruik sy eie selfoon.  (Daar moet data op die sel wees om in die program wat ons gebruik in te gaan.)
  • Daar mag 1-3 lede in ‘n span wees (Graad 4-7).  Gee jouself of jou span ‘n naam (wees kreatief). Net een speler in die span gebruik sy selfoon om die vrae te antwoord, MAAR almal in die span mag help en saamwerk.
  • Daar is 4 afdelings met 5 vrae elk.  Elke afdeling gaan uit ‘n sekere tipe vraag bestaan, bv keusevrae, waar of vals, invul, ens.  
  • Al die vrae gaan uit die boek Genesis kom.  

Jul kan jul Bybels of die “BibleApp” gebruik om antwoorde te soek maar ONTHOU  die vrae moet in ‘n gegewe tyd beantwoord word EN die span wat die vinnigste antwoord, kry die meeste punte.

  • Na elke afdeling word ‘n wenner aangewys wat die afdeling gewen het.

Begin lees en skryf in….dit gaan groot pret wees !!!

DIE DOEL VAN DIE BYBELVASVRA IS OM LEERDERS TE MOTIVEER OM HUL BYBEL TE LEES, DIT TE GENIET EN UIT TE SIEN NA DIE VOLGENDE BYBELVASVRA!

Vir enige navrae kontak Juf. Lauraine. (Sel: 072 284 2115)

NB!!!  Vul die Inskrywingsvorm in voor of op 18 Junie 2022.

Bybelvasvra Inskrywingsvorm (Link)

https://surveyheart.com/form/6281552374c1c748d809e259

Buitemuurs

Netbal

1. Baie sterkte aan die 0/13 A netbalspan wat op Vry 10 Junie aan die Motheo Play Offs gaan deelneem. Dit vind vanaf 13:00 op Tjokkies se bane plaas.
2. Sodra die liga-uitslae beskikbaar is, sal ons dit amptelik bekendmaak.
3. Op Ma 13 Junie kom speel die Gr R-dogtertjies van Willem Postma ‘n vriendskaplike wedstryd op WP se bane. Die 0/7 A en B-span gaan eers vir hulle wys hoe werk netbal. Almal is hartlik welkom. Die wedstryde begin om 13:30.

Hokkie

‘n Gratis hokkiekliniek word deur Pocket Rocket by die skool aangebied.  Die kliniek fokus op vaardigheidsontwikkeling ter voorbereiding vir die hokkieseisoen. 

Gr. 1 – 3:

  • Woensdag 8 Junie, 12:00 – 13:00
  • Maandag 13 Junie, 12:00 – 13:00
  • Woensdag 15 Junie, 12:00 – 13:00

Gr. 4 – 6:

  • Donderdag 9 Junie, 12:00 – 13:00
  • Dinsdag 14 Junie, 12:00 – 13:00

Gr. 7 by Sentraal se Astro: 

  • Woensdag 8 Junie, 12:15 – 13:30
  • Donderdag 9 Junie, 12:15 – 13:30
  • Maandag 13 Junie, 12:15 – 13:30

Die skool het ‘n beperkte aantal hokkiestokke vir leerders wat nog nie stokke het nie.

 

Die Risings Star Toernooi wat die 15 en 16 Junie plaasvind sal dien as finale proewe om ons spanne te finaliseer vir die skool se hokkietoer in die vakansie van 10 tot 13 Julie. 

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 13 Jun – Tannie Janet
Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit