Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

10 September 2021

Gedagte vir die week: Ps 119:81

Ek vertrou op u Woord.

Covid

Ons het hierdie week 5 positiewe uitslae ontvang.  Gr 4(1) gr 6(1) en gr 7(3).  Dit het eintlik baie goed gegaan vandat ons weer terug is by die skool.  Ons vra dus asb dat u sal saamwerk – hou siek kinders by die huis, Google Classroom is in plek om te sorg dat hulle nie agterraak nie. 

Indien jy al daaraan dink om jou kind of enige gesinslid die middag te gaan toets, is jou kind reeds siek.  Hou die kind by die huis – anders verhoog die risiko dat die Departement weer ‘n week van aanlyn-onderrig kan aanbeveel.

Assessering

Die werksafbakening vir die assessering wat die week van die 20ste begin, is vandag uitgedeel.  Dit is ook op die webtuiste beskikbaar.

Buitemuurs

Volgende week is die laaste sport vir die kwartaal.  Buitemuurs staak op 16 September.

GR 1 Kuierdag

Die nuwe graad 1’s van 2022 sal op 21 Sept by die gr 1 klasse kom kuier.  Al die inligting is reeds vir ons nuwe possies deurgegee.

Redenaars

Gaan kyk gerus na die Redenaars wat hierdie week al plaasgevind het

Gr 3 kompetisie

Gr 4&5 – kompetisie

Gr 6&7 – kompetisie

Wenners van seniorfase

Gr. 1 en 2 Redenaarskompetisie vind Woensdag 15 September plaas. Deelnemers het briewe met hul tydgleuwe ontvang.

Veiligheid

Maak asb seker dat u wel u voertuie sluit wanneer u uitklim, self al is dit net om tot by die hek te loop.  Moenie waardevolle atrikels sigbaar binne in die voertuig los nie.

Skaak

Willem Postma se Skaaktoernooi gaan plaasvind op Vrydag 17 September 2021. Alle spelers vanaf Gr 1 – Gr 7 kan hieraan deelneem.
Die toernooi sal 14:00 tot ongeveer 16:00 plaasvind in die skool se Lapa. Gr. 1 – 3 leerders moet asb. 13:30 aanmeld vir ‘n reëlbespreking. Gr. 4 -7 kan 13:45 aanmeld.

Alle skaakspelers wat daaraan wil deelneem, moet die aanlyn vorm invul voor of op 13 September 2021 om 12:00. https://forms.gle/RUgqSQCeDPBd8WiEA Neem asb kennis dat die vorige inskrywings verval het. ALMAL moet weer inskryf. GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD.

Daar sal ‘n Junior (Graad 1-3) en Senior (Graad 4-7) afdeling wees. Spelers mag slegs onder een van die afdelings deelneem.

• Geen inskrywingsgelde nie
• Skoolsweetpak of somerskooldrag met ‘n masker!!!!
• Bring iets te ete saam asook iets om te drink.

Baie dankie

Baie dankie aan Madri du Preez wat ons tuine verfraai.  Ons waardeer dit baie.

Lief en Leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 14 Sept – Juf Elizna
  • 16 Sept – Mnr Ruben
  • 16 Sept – Juf Rachelle

Simpatie

Innige meegevoel aan die volgende gesinne wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

  • Aidan Prinsloo – ma & oupa
Projekte

Gholfdag

Ondersteun asseblief ons Gholfdag deur in te skryf of te help met pryse! Kontak gerus vir Benita.

Inskrywings kan hier gedoen word: https://forms.gle/he8CYdJKzEz1JR8r9

Netbalbane

Help ons om die netbalbaan oor te doen. Kry ‘n 3 jaar advertensiebord kontrak teen slegs R20 000.

Kontak gerus vir Benita: 076 059 1000/ bemarking@wpps.co.za indien u belangstel. Net 6 spasies beskikbaar. Spring gou!

Knip-vir-CANSA

Enige haarsalon kan gebruik word en geen betaling hoef gemaak te word nie – laat sny eenvoudig net jou poniestert af, sit dit in ‘n geseëlde plastieksakkie met jou naam, van, selfoonnommer en epos adres op. 12 November gaan CANSA vir ons kom kuier en dan kan almal hul hare laat verf teen ‘n fooitjie.

Vuuraanstekers

Rosyne en vuuraanstekers is nog steeds te koop.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit