11 Februarie 2022

Gedagte vir die week: Rom 15:13

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

COVID protokol

Volgens die SOP van die Dept skandeer ons nie meer by die hekke nie.  Dit is u as ouers se verantwoordelikheid om te sorg dat u n gesonde kind skool toe stuur.

Volgens die direktief moet steeds gepoog word om so min as moontlik mense op die terrein te hê en daarom geen ouers by sportoefeninge, maar daar is wel ‘n vergunning tov wedstryde.

Ouers slegs per afspraak op die terrein toegelaat. 

Kinders moet ‘n spaar masker in hul tas hê, ons het nie meer maskers by die skool nie.

TENNISBANE

Ons is besig om die tennisbane oor te doen.  Weens die baie reën van die afgelope paar maande kon dit nie vroeer gedoen word nie.  So ons gebruik dus nou die geleentheid voor die aandliga.

Nuwe tennisbaan sleutels is tekoop by juf.LeeAnn R100 vir n sleutel vir die jaar.
Bring ou sleutel terug.

MIDMAR

Sterkte vir personeel en leerders wat aan die Midmar-myl gaan deelneem hierdie naweek.

Produksie 2000

Die span was weer hier om met ons leerders te gesels oor dankbaarheid.

Buitemuurs

Atletiek

Geluk aan al ons atlete met hul puik prestasies op die Sone atletiek.  Dankie ook aan al die afrigters.

Sterkte vir Fichardtpark Byeenkoms Saterdag en die Motheo/Xhariep Byeenkoms Donderdag.

Elke atleet kry vandag ‘n toegangskaartjie wat hul Saterdag moet saam neem.  As hul dit nie saamvat gaan hul self R40 betaal by die hek.
Ons wag nog vir die Motheo program so kan nog nie briewe uitgee nie.  Leerders wat aan die Motheo byeenkoms gaan deelneem moet Maandag ‘n afskrif van hul geboortesertifikate en ‘n id foto vir juf Elizna bring.

Nautilus

Lees die brief oor Nautilus wiskunde hier, en leerders wat belangstel kan juf Lee-Ann kontak.

Rugby

013 oefen Maandag 15:00-16:00
0/11 & 0/13 PROEWE
Dinsdag 18:00 – 20:30
Oefening: 0/11 & 0/13
Woensdag 16:00 Slegs vir die oefengroepe!

Skaak

Sterkte vir die leerders wat aan die WP Skaaktoernooi gaan deelneem vanmiddag.

Tennis

Gr.4-7 begin 22 Feb met afrigting
Spanne is op by juf. LeeAnn se klas kamer.
Gr.1-3 Mini tennis begin Kw 2

Nuwe tennisbaan sleutels is tekoop by juf.Leeann R100 vir n sleutel vir die jaar.  Bring ou sleutel terug.

Tweekamp

Atlete wat wil deelneem aan die SFS Champs op 1 Maart 2022 moet onthou om die inskrywingsvorm via die skakel hieronder in te vul.  Laat weet my sodra u die vorm ingevul het sodat ek kan seker maak dat u verdere inligting ontvang.  Juf. Jarine 0826226297

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSchc-KF5MT75SCCO9vAhtylmuCc8x9e5ohjPnY0qOLhN4d7Tw/viewform?usp=sf_link

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 11 Feb – Juf Sonja 
Uitslae van die week se sport

Krieket

  • o/9 A @           Grey A Geen uitslag (swaar weer)
  • o/9 B @           Grey D Verloor
  • o/11 A @         Grey A Verloor
  • o/11 B @         Grey D Verloor
  • o/13 A @         Grey A Verloor
  • o/13 B @         Grey D Wen met 3 paaltjies
Projekte

Vuuraanstekers

Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.

Food4kidz

Food4kidz het op 14Nov2011 begin, en verskaf gesonde gekookte maaltye aan laerskool kinders in nood. Maaltye word elke dag voorberei in ‘n kombuis by die Bloemfontein skougronde en daarna by verskeie skole afgelewer. Besighede kan ook betrokke raak en skenkings gee of help kosmaak en die kinders besoek. Willem Postma wil graag ‘n bydrae lewer en Food4kidz help om in hierdie basiese behoefte wat kinders het te voorsien. Ongeveer 155 kinders word daagliks gevoed. As elke possie 1 blikke bevrore gemengde groente skenk kan ons saam sommer ‘n groot impak maak. Rys en pasta is ook baie welkom.

Bring jou skenking op 18 Feb 2022. Enige ander skenkings verlang groot genoeg hoeveelhede om te verseker dat 155 etes daaruit voorsien kan word. Elke Possie skenk ‘n blikkie, en maak ‘n honger magie vol!

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit