Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

11 November 2021

Gedagte vir die week: 2 Kor 10:17

Maar wie roem, moet in die Here roem.

EKSAMEN en SKOOLTYE

Graad 7’s begin 19 Nov. en hulle verdaag 12:00.  Dit is ‘n gewone skooldag vir die res van die skool.

Vanaf Maandag 22 Nov is die skooltye vir almal 8:00 – 12:00

Hekke open 7:30  (Checkers hek 7:00

WERKSAFBAKENING

Is op die webtuiste en Telegram beskikbaar.  Weens die pretdag sal die leerders Maandag ‘n harde kopie ontvang

BEGROTINGSVERGADERING

Maandag 15 Nov om 17:30  in die saal

KOPLUISE

Daar is weer kopluise in die omtrek.  Kyk asb die naweek u kinders se hare deur vir luise en nete.  Kry by u apteek die nodige behandeling en help ons om die uitbraak te beperk. 

BUITEMUURS

Program gaan voort volgende week tot Donderdag

ATLETIEK

Atletiek kliniek – Truida Kestell, Bethlehem

3-4 Desember  :  Koste atlete R300; Koshuisverblyf R200;  Sluitingsdatum:  19 Nov

 

Atletiek oefenkamp en kliniek deur Bloemfontein Excellente klub

4-8 Januarie  :  Koste R800

Indien iemand belangstel kan jul juf Elizna kontak vir verdere besonderhede.

JUNIORKOOR

Oefening Dinsdag 13:30 – 14:00

Tennis

Mangaung Metro Tennis Proewe

0/10 (2012-2013) en 0/12 (2010-2011) inskrywings moet by Juf. LeeAnn gedoen word voor 18 Nov 2021.

Inskrywimgs fooi: R200 kontant

SOSIALE MEDIA

Ons doen ‘n ernstige beroep op ouers om te kyk op hul kinders se elektroniese toerusting na die speletjies wat hul speel en die groepe waarop hulle is en wat hulle daarop kwytraak.

Ons het nie toegang tot die kinders se selfone nie en ons kan nie by die skool kyk watter speletjies hulle speel nie.

Graad 7's

Afsluiting - 16 Nov

Seremonie - 1 Des

Tyd: 10:00   Plek: Promenade

Drag: Formele somersdrag aan. 

SLEGS 2 gaste per leerder word toegelaat om die geleentheid by te woon.  Die geleentheid sal ook op PossieTV uitgesaai word. 

Kerspakkies

Ons hou ń jaarlikse insameling van nie-bederfbare produkte om dankie te sê vir ons werkers wat so mooi na ons skool en ons kinders omsien.  Baie dankie vir die ouers wat reeds produkte gestuur het. Dis tyd om stil te staan en dankie te sê.

Possie Pretdag

Baie dankie vir die pretdag – dankie vir die personeel en ouerkomitee vir jul harde werk – dit was heerlik.

Lief en Leed

Sterkte

Megan Oosthuizen se pappa was in ongeluk – ons bid vir spoedige herstel.

Sterkte vir Pia van Niekerk wat ‘n operasie ondergaan.

Ma's wat Omgee

Projekte

Carols with the Stars

Die program vir die die eerste helfte van die aand is saamgestel uit populêre liedjies en daarna word die publiek uitgenooi om al die bekende kersliedere saam te sing.


Gratis kaartjies beskikbaar by: https://www.quicket.co.za/…/156470-carols-with-the…/…
of by Pick’n Pay Preller Walk se kassiere vanaf volgende week

Vuuraanstekers & Rosyne

Daar sal nog rosyne en vuuraanstekers te koop wees tot die einde van die jaar.  Kompetisie vir Rosyne stop 30 November

Preprimêr deurrymark

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Volg die skakel om in te skryf.

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit