En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie – maar die grootste hiervan is die liefde.
As jy wonder waar jou kind se trui, sweetpak of kosblik is – dit is nie gesteel nie! Dit lê waarskynlik, sonder ‘n naam, op die verlore klere-hoop by die kunsklas.
Hierdie hoop klere en kosblikke is net HIERDIE WEEK deur die sekuriteit na 17h00 op die terrein opgetel. Juf Aninka probeer darem bietjie orde daar handhaaf, maar dit word omtrent nooit opgeëis nie.
#Verantwoordelikheid
Sterkte aan die seniorkoor wat Maandag aan die ATKV Applous kompetisie deelneem. Dit is die eerste keer in 2 jaar wat hierdie kompetisie weer plaasvind. Julle sal ons trots maak, soos gewoonlik.
O’Kulis is opsoek na Possies met interessante stokperdjies. Stuur ‘n whatsapp met jou naam, graad en stokperdjie na 0825381016.
Daar sal Maandag, 16 Mei geen drama wees nie. Sien julle weer 23 Mei. Sterkte vir die Kunswedstryd!
1. Dit het baie goed gegaan met ons spanne teen Laerskool Bfn. Sien uitslae.
2. Baie sterkte aan die drie 0/13 meisies wat Saterdag aan die Vrystaatproewe in Sasolburg gaan deelneem.
3. Volgende Donderdag 19 Mei speel ons teen Brandwag op hulle bane. Slegs A en B-spanne gaan speel. Die program sal nog volg.
OEFENING:
0/7-0/11 Gewone tye soos volgens die rooster. Maandag en Woensdag. 0/13 C en D oefen Maandag en Woensdag 15:00-16:00 0/13 A en B oefen Maandag en Woensdag 16:00-17:00
LIGA: Ons speel Donderdag 19 Mei teen Fichardtpark TUIS. Die program sal volg.
Ouers moet asb onthou dat die ledegeld Sondag 15 Mei betaal moet wees. Tref asb ‘n reëling met Janet indien nodig.
Onthou die GGA-dag (28 Mei) inskrywings sluit ook Dinsdag 17 Mei. Kyk op jul whatsapp spangroepe vir meer inligting.
Kerkparade en inlywing (29 Mei) by die Vrouemonument – Antwoord asb teen Maandag 23 Mei op Karri
Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:
Dames selfverdediging – 9:00-11:00 teen R200 per persoon.
Familie pakket wat jy saam met jou kind / kinders kan doen. 11:30-13:30 teen R280 per ouer en kind (R50 vir ‘n ekstra persoon)
Bespreek by Quentin – 082 644 3865 / Benita – 076 059 1000
Kom geniet ‘n aand van mosaïk, sop en sjerrie.
Bespreek jou kaartjie @ R250 by bemarking@wpps.co.za of Benita 076 059 1000
Ons kort jou hulp om seker te maak ons Bingo-aand is propvol lekker pryse – as jy iets kan bydrae in terme van pryse/donasies kontak asseblief vir Benita – bemarking@wpps.co.za
Ons is ook nog opsoek na ‘n naamborg vir die Bingo-aand so as jy/jou besigheid graag wil betrokke raak laat weet ons asseblief.