Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef,en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
Geniet die langnaweek en bly warm. Mag al die pa’s en oupas heerlik bederf word Sondag op Vadersdag.
Let op dat die eksamen Maandag en Dinsdag in die 1ste sessie sal plaasvind agv die video-opname en sportfoto’s.
Sover moontlik moet almal hul skoolsweetpakke aantrek.
Op Dinsdag 21 Junie word daar sportfoto’s by die skool geneem. Ons bring die volgende onder u aandag:
Indien u kind onseker is of hy/sy op ‘n foto moet verskyn, moet hulle self by sy/haar afrigter gaan seker maak.
Skool sluit om 10:00 vir die vakansie.
Sterkte aan almal wat aan die Rising Stars toernooi deelneem.
1. Baie geluk aan die 0/13 A-span wat tweede in die Motheo-distrik geëindig het. Ons is baie trots op julle.
2. Hierdie span neem Do en Vry (16,17 Junie) aan die Vrystaatkampioenskappe deel. Dit vind plaas op die bane van OMS. Baie sterkte aan die meisies en hul afrigters. Julle is die beste en ons glo in julle.
3 Ons het ‘n netbaltoernooi met die Gr R-dogtertjies gehou. Dit was ‘n heerlike, leersame middag.
VRYSTAAT SPANNE:
Baie geluk aan al die spelers vir hul insluiting in die onderskeie Vrystaat Rugbyspanne.
VRYSTAAT 0/12 B
Jano Booysen
Jaco Buys
Ruan van Heerden
LJ van Eeden
IR van der Merwe
VRYSTAAT 0/12 A
Lian Jordaan
Ettienne Möller
VRYSTAAT 0/13 C
WD Oosthuysen
Heinrich Brisley
Dirk van Wyk
Damian Crause
Janré Bornman
Jeanré Adendorff
VRYSTAAT 0/13 B
Rossouw van de Wall
Loudan Swanepoel
Stefan Streicher
Afrigter: Mnr. Sakkie Matthee
CRAVENWEEK 2022
Christian Le Roux
Lehanco Malan
Sterkte met jul toere die vakansie, hou die Possies se naam hoog!
Baie geluk!
AFSKEIDSBOODSKAP AAN DIE KINDERS EN OUERS
Ek het in die afgelope 23 jaar by Willem Postma wonderlike tye met baie kinders en hul ouers beleef. Daar was soms kinders wat uitdagings gestel het, maar daardie uitdagings vervaag egter vinnig. Daar was ook wonderlike ervarings met baie kinders wat diep spore in ‘n mens se hart getrap het. Kinders wie se name vir baie lank sal uitstaan.
Ek het wonderlike tye beleef saam met seuns en dogters op die tennisbaan en tydens tennistoere, waar ek deel kon wees om die karakter van kinders kon help ontwikkel en uitbou. Dit was lekker kinders in hul sport te sien ontwikkel en presteer. Ek herroep menige gesprekke met ouers rondom die tennisbaan tydens toernooie – van ernstige tot hoogs komiese oomblikke!
‘n Verdere groot lekkerte was om van my oud Sentraal Laerskool leerders se kinders deur my hande te sien gaan – heelwat van hulle wat nog steeds hier op skool is en ander wat al in die Hoërskool is. Dit roep soveel goeie herinneringe op!
Aan al die kinders en hul ouers wil ek graag dankie sê vir julle liefde en waardering en samewerking die afgelope 23 jaar. Dit was lekker om deel van julle kind of kinders se lewe te kon wees.
‘n Possie is ‘n spesiale kind! Wees altyd daardie spesiale kind vir jou skool, jou onderwysers en jou ouers en bowenal vir die Here.
Wees gegroet
Mnr Chris Smit.