Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.
Leerders moet formele skooldrag aantrek.
Skool verdaag om 13:00 op 5 April agv Personeelvergadering.
Leerders kan van 5 April af met winters- of somersskooldrag skool toe kom. Skoene is verpligtend met wintersdrag.
Vanaf 1 Mei is wintersdrag verpligtend!
Wat gaan gebeur? Ons beplan ‘n baie opwindende Bybelvasvra vir die leerders aan die einde van die tweede kwartaal.
Wie mag deelneem? Alle Graad 4-7 leerders mag inskryf. Jul kan individueel of in groepe deelneem.
Waaroor gaan dit handel? Alle vrae gaan uit die boek Genesis gevra word.
Wat moet ek doen? Begin solank om die vakansie Genesis in jou Bybel te lees.
Wanneer? Verdere inligting sal nader aan die tyd deurgegee word.
MAAK JUL GEREED VIR GROOT PRET!!!
Neem asb. Kennis dat die skaakliga 5 April begin. Briewe is reeds vir betrokke spelers uitgedeel. Baie sterkte aan die liga spelers.
Die spelers wat nie liga speel nie, oefen steeds op ‘n Dinsdag skaak.
Die Juniorkoor het hulle eerste optrede vir die jaar op Sondagoggend, 10 April, by die Heuwelsig NG Kerk se Paasfeesdiens. Let wel, dit is die eerste naweek van volgende kwartaal en val nie op Paasnaweek nie. Verdere besonderhede ivm tyd en kleredrag sal aan die begin van volgende kwartaal gekommunikeer word.
Juniorkoor-ouers, maak asb seker dat Juffrou Erna se nommer op jou foon gestoor is, anders gaan jy nie die ‘broadcast’-boodskappe ontvang nie.
Ons groet juf Nicolene Brand wat ons aan die einde van die kwartaal verlaat. Sterkte vir die pad voorentoe.
Baie geluk aan die volgende personeel wat in die vakansie verjaar:
D0/10
S0/10
D0/11
D0/12
S0/12
D0/13
Die Willem Postma se 0/10 meisies wen hul spankompetisie
Baie geluk aan die volgende atlete wat gekies is vir die VS span wat gaan deelneem aan die SA kampioenskappe 24 – 26 Maart in Potchefstroom
Die volgende Possie afrigters is gekies om deel van die spanbestuur te wees as afrigters
Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.