18 Februarie 2022

Gedagte vir die week: Spr 16:20

Wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed.

algemeen

Fietstrap

Dankie vir almal wat vanmiddag aan die fietstrap gaan deelneem.

Buitemuurs

Atletiek

Daar is geen verdere GF naellope oefeninge op Maandae en Woensdae nie.

Baie geluk aan ons atlete wat gister baie goed presteer het by die Motheo/Xariep byeenkoms.

Swem

Inter Primêr:  Baie sterkte aan al die swemmers wat Maandag & Dinsdag gaan deelneem.

Oefening:

  • Die laaste oefening van die kwartaal was gister (Donderdag 17/02/2022)
  • Ons sien al ons swemmer dan weer in die 4de Kwartaal.

Tennis

Geen tennis oefening by skool vir beginners en gevorderde spelers volgende week nie tot verdere kennis.
Stadion oefening gaan voort Dinsdag.

Rugby: 0/11 en 0/13 SLEGS Aandliga spanne!

Oefen:  Maandag en Dinsdag
14:30 – 16:30

WEDSTRYD: Maandag 13:45
0/13 A vs FAUNA

 

Gr.1 en 0/9 oefening sal aanvang neem sodra swem afgehandel is, datums sal gekommunikeer word.

Aandliga

Na 2 jaar kan die rugby aandliga uiteindelik weer plaasvind.  Dit vind Woensdag en Donderdag hier by ons plaas.  Ondersteun gerus ook ons ouerkomitee wat die kosverkope gaan hanteer.

Aandliga begin Woensdag om 14:00.
WOENSDAG
0/13 A vs. JF 19:10
0/13 B vs. Koot Niemann 14:45
DONDERDAG
0/11 A vs. JF 19:10

Uitslae van die week se sport

Atletiek

Motheo/ Xariep byeenkoms:

  • Lilly Burger – Beste dogters baanatleet
  • Possie Dogters – Top 10 trofee

Krieket

  • o/9 geen wedstryde
  • o/11 A wen teen RPC met 21 lopies
  • o/11 B wen met 2 paaltjies teen PBS
  • Geen o/13 wedstryde nie
Projekte

Vuuraanstekers

Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit