Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

19 November 2021

Gedagte vir die week: Fil 4:7

7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

EKSAMEN en SKOOLTYE

Vanaf Maandag 22 Nov is die skooltye vir almal 8:00 – 12:00  Hekke open 7:30  (Checkers hek 7:00)

Kinders hoef nie Maandag met formele drag te kom nie.  Hul moet egter steeds Somerskooldrag aantrek.

HANDBOEKE

Onthou dat die kinders hul handboeke moet ingee die dag wat hulle die vak skryf. Vir vakke met 2 vraestelle – op die laaste dag.

BUITEMUURS

Alle buitemuurs het nou gestaak vir die jaar.

SKOOLGELD 2022

Tydens die begrotingsvergadering op Maandag 15 Nov het die ouers wat teenwoordig was, die skoolgeld vir 2022 soos volg goedgekeur:

Gr 1-6: R1600 pm oor 10 maande (1 Feb tot 1 Nov)

Gr 7:  R1650 pm oor 10 maande (1 Feb tot 1 Nov)  Die R50 word in die Gr 7-fonds geallokeer waaruit die geskenk aan die einde van die jaar aan die skool gemaak word.

Vir meer inligting rakende finansies kan u die webtuiste besoek.

ATLETIEK

Diskus, naellope en hekkies, middel en langafstande oefenkamp 6 tot 10 Desember by Mangaung stadion. Koste R500. Kontak Elizna Pretorius vir meer inligting.

KLEREBANK

Die klerebank sal elke dag van 7:30 tot 9:00 oop wees vir aankope van skoolbaadjies, pennesakkies en stoelsakkies veral vir volgende jaar se Gr 1-maats

Graad 7's

Seremonie - 1 Des

Tyd: 10:00   Plek: Promenade

Drag: Formele somersdrag 

SLEGS 2 gaste per leerder word toegelaat om die geleentheid by te woon.  Die geleentheid sal ook op PossieTV uitgesaai word. 

Kerspakkies

Baie dankie vir die ouers wat reeds produkte gestuur het. Dis tyd om stil te staan en dankie te sê.  Die volgende 2 weke samer ons koffie, tee, suiker en koeldrank in.

Lief en Leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 19 Nov – Juf Marzanne (preprimêr)
  • 24 Nov – Juf Hetta
  • 25 Nov – Juf Izél

Simpatie

Ons innige meegevoel met Juan en Annabelle Badenhorst wie se oupa oorlede is.

Projekte

Carols with the Stars

Kom geniet vanaand die musiek by Carols with the Stars.  Die program vir die die eerste helfte van die aand is saamgestel uit populêre liedjies en daarna word die publiek uitgenooi om al die bekende kersliedere saam te sing.Gratis kaartjies beskikbaar by: https://www.quicket.co.za/…/156470-carols-with-the…/…
of by Pick’n Pay Preller Walk se kassiere.

Vuuraanstekers & Rosyne

Daar sal nog rosyne en vuuraanstekers te koop wees tot die einde van die jaar.  Kompetisie vir Rosyne stop 30 November

Preprimêr deurrymark

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Inskrywing van spanne vir die bytjiefees.

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit