Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!
Daar is ou skoolbanke te koop @ R750 stuk. Kontak Marie by die kantoor.
Kinders moet steeds maskers in die klasse dra. Pak asb ‘n ekstra een in die tas.
Die bottels gaan na Vrystaat Versorging In Aksie en word van daar af versprei na behoeftiges.
Die bottels gaan altesaam vir 4048 maaltye sorg.
Willem Postma Hokkieproewe by Sentraal:
Die Risings Star Toernooi wat die 15 en 16 Junie plaasvind sal dien as finale proewe om ons spanne te finaliseer vir die skool se hokkietoer in die vakansie van 10 tot 13 Julie.
‘n Gratis hokkiekliniek word deur Pocket Rocket by die skool aangebied. Die kliniek fokus op vaardigheidsontwikkeling ter voorbereiding vir die hokkieseisoen.
Gr. 1 – 3:
Gr. 4 – 6:
Gr. 7 by Sentraal se Astro:
Die skool het ‘n beperkte aantal hokkiestokke vir leerders wat nog nie stokke het nie.
Gra
Baie sterkte aan die 7 tennisdogters wat die 26ste tot 28ste aan die Amanda Coetzer tennistoernooi gaan deel neem.
1. Sien uitslae teen Brandwag van Do 19 Mei.
2. Dankie aan die juffrouens vir die lekker wedstryde wat vriendskaplik gereël is teen mekaar, maar ook teen My Fathers Academy. Die kinders het dit baie geniet!
3. Maandag speel ons teen PBS op hul bane. Program volg.
4. Woensdag speel ons teen JF op hul bane. (Die datum het geskuif agv die Amanda Coetzer tennis) Program volg.
5. Donderdag is daar GEEN NETBAL agv die 2x liga-wedstryde.
Johan Mong en Savanah Olivier neem 21 Mei deel aan die semifinaal in Kroonstad. Baie sterkte. Willem Postma is trots op julle.
Baie geluk aan al die leerders wat hierdie week aan die Kunswedstryd deelgeneem het. Ons is baie trots op elkeen se goeie prestasie!
Daar sal volgende week geen mini-tennis oefening wees nie agv Maandag en Woensdag se netbal ligawedstryde.
Die Juniorkoor tree Saterdag, 28 Mei, by N.G. Kerk Hugenoot se Koorfees op. Die leerders moet asb om 9:15 by die kerk wees en ons sal rondom 11:00 klaar wees. Dit is die gemeente se kermis op dieselfde dag, so kom kuier gerus saam na die optrede.
OEFENING Daar is volgende week weer oefening soos volgens die rooster. Maandag en Woensdag. Spanne sal na Maandag se oefening gefinaliseer word.
LIGA Ons speel Donderdag 26 Mei teen Universitas. Daar sal 3 spanne per ouderdomsgroep speel, so bywoning by die oefeninge is uiters belangrik. Die program sal deurgegee word sodra ons dit ontvang.
VRYSTAAT Daar is 18 van ons 0/12 en 0/13 spelers wat môre in Welkom speel, dit dien ook as die finale rondte proewe. Baie sterkte aan die seuns, ons weet dit sal goed gaan!
Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar: