21 Januarie 2022

Gedagte vir die week: Ps 18:29

U, Here, laat my lamp helder skyn;  my God gee lig as dit donker is om my.

Dankie vir Atletiek

Dankie aan almal wat vandag betrokke was by die atletiek.  Al die kinders en personeel en ook  Hoërskool Sentraal wat hul terrein beskikbaar gestel het.  Dit was lekker om weer te kon sien hoe die kinders deelneem.

Buitemuurse Rooster

Van Maandag af begin ons met die eerste kwartaal se buitemuurs volgens die rooster op Telegram.  Maak seker dat u die tye kontroleer.

Atletiek

Oefentye vir atletiek van Maandag af.

Skaak

Lees asb die volledige brief in verband met die jaar se skaak.

Indien jou kind aan skaak gaan deelneem, voltooi asb die google form.

Sterkte aan al die spelers wat vandag en more aan Mangaung Metro skaaktoernooi deelneem.

Redaksie

More is daar redaksie opleiding by die skool.  Sterkte aan almal betrokke.

Krieket

Gr 1 speel mini-krieket
Gr 2&3 die wat 8 en 9 word speel o/9 krieket

Indien daar enige ouers is wat kan help met krieketafrigting of indien u weet van iemand wat belangstel, kontak asb vir mnr Paul by 082 854 4384

Google classroom

🟢Gr 1 leerders en nuwe leerders ontvang Ma. 24 Jan. hul eie @wpostma.com e-pos adres en password wat uniek is en tot in hul gr. 7-jaar gebruik word.

🟢Volg die instruksies op Telegram om Google Classroom op jou foon/tablet te installeer, of op ‘n laptop te gebruik, ‘n account by te voeg, asook om jou registerklas te “join”.

🟢Leerders wat reeds in 2021 in WP was, gebruik hul @wpostma e-pos adres van verlede jaar, maar “join” hul nuwe graad se registerklas.

🟢LW: Gebruik asb die NUWE klaskodes soos dit op Telegram verskyn om by jou 2022 klas aan te sluit.

🟢Bewaar asb jou e-pos adres en password veilig.

🟢Alle klas- en huiswerk verskyn op Google Classroom sodat leerders wat isoleer of afwesig is, nie agter raak nie.

🟢Werk sal vanaf 24 Januarie beskikbaar wees.

Instruksies kan hier gelees word.

Die klaskamer-kodes is hier beskikbaar.

Possie Mossies

Possie mossie gr 1 koor begin amptelik op donderdag 3 Februarie 2022.

Tennis

Alle Tennisleerders moet asb die skakel voltooi:  https://forms.gle/xhg7ADmRdW5eckyKA

Voortrekkers

Sluit aan by ons Kommando telegram waar al die inligting gedeel sal word.  Kliek hier.

Registreer asb so spoedig moontlik die voortrekkers by https://registrasie.voortrekkers.co.za/

Covid-protokol

Ons volg nogsteeds Covid-protokol.  Sit asb vir u kind ‘n ekstra masker in – die maskers breek maklik gedurende die dag. 

Indien iemand in u huis positief toets of u beoog om iemand te gaan toets, moet asb nie jou kind skool toe stuur daardie dag nie.

Net as almal saamwerk, kan ons die skool veilig hou.

Lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 25 – Juf Clarizé
  • 26 – Juf Nicolene
Projekte

Rosyne

Ons verkoop weer hierdie jaar rosyne! 500g pakkie teen R40. Ondersteun gerus ons deurlopende fondsinsameling projek EN maak seker jou kind het ‘n gesonde peuselhappie in sy kosblik.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit