22 April 2022

Gedagte vir die week: 1 Kor 10:13

God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie.

algemeen

Skooldae volgende week

Onthou dat Woensdag 27 April ‘n gewone skooldag is, met gewone buitemuurs.  Donderdag 28 April is ook ‘n volledige skooldag met buitemuurs en ligas.  Die skool sal dus gewone tyd verdaag.

Vrydag 29 April is die skool gesluit.

Rolbaldag

Ondersteun asb weer ons jaarlikse fondsinsameling op 6 Mei 2022.  Hierdie jaar hou ons weer ‘n rolbaldag in die plek van ‘n gholfdag.  Daar is nog plek vir spanne van 4 wat wil inskryf, maar enige pryse sal ook waardeer word.  As jy dit nog nie beleef het nie, mis jy uit.  Kontak Benita 0760591000

Selfone/sosiale media

Ouers moet asb kyk wat op hul kinders se selfone aangaan.   Dit is die ouers se plig om te weet wat op jou kind se foon aangaan en waarmee hulle hulself besighou.  Die skool kan nie verantwoordelik wees vir dit wat jou kind op sosiale media deel nie.

Herfsplantdag

Dit is weer tyd vir ‘n Herfsplantdag by Willem Postma. Alle Gr.1-3 leerders sal op Woensdag, 27 April 2022 die geleentheid kry om plantjies skool toe te bring en self te plant gedurende skooltyd. Ma’s, pa’s, oumas en oupas is ook baie welkom om te kom help plant.

Gr.1-3 leerders mag op die dag met gewone klere skool toe kom – verkieslik ou klere, want dit kan morsig raak. Elkeen bring die oggend sy/haar plante en eie gemerkte grafie of lepel saam skool toe. Daar sal gewone skoolperiodes wees tot 11:30, waarna die leerders kans sal kry om hulle plantjies self te plant. Daarna sal hulle weer teruggaan na hul klasse en sal die skooldag soos normaal voortgaan. Ouers en grootouers wat wil deelneem, kan 11:15 by die klimrame voor die Gr.1 klasse aanmeld. Dit sal ongeveer 45 minute duur.

Leerders kan ‘n kissie saailinge (gesiggies, gousblomme, primulas, primroses, ens.) bring, asook vetplante (plakkies, spekbome, woestynrosies, ens.), meerjariges (agapanthus, wilde knoffel, ens.) of klein struike. Meerjariges of vetplante wat uit eie tuine gehaal is, is ook welkom.

Ons moedig die leerders aan om deel te neem – hulle geniet hierdie dag baie en help terselfdertyd om hul eie omgewing mooier te maak. Dit bly egter ‘n vrywillige projek en geen leerder sal gepenaliseer word indien hy/sy nie deelneem nie.

Musiekblyspel: Sirkus!

Die R280 vir kostuums is op Karri betaalbaar.  Dit kan eenmalig betaal word of oor 5 maande afbetaal word.  Gebruik asb Karri dis makliker en veiliger as Takealot.  Jy hoef nie ‘n kaart daaraan te koppel nie,  jy kan ‘n instant-eft maak soos met enige aanlyn-aankope.

Wanneer jy ‘n kennisgewing kry en nie dadelik ‘n betaling wil maak nie, ignoreer dit net – moet nie “dismiss” nie, want anders word dit gemerk dat jy glad nie belangstel in die item nie.

Buitemuurs

Nautilus

Leerders wat belangstel om aan die Nautilus kamp op 14 Mei deel te neem, kan die inligting hier kry.

Tennis: Gr 4-7

Dinsdag 26 April oefen die Senior spelers en gevorderde spelers 14:30 – 15:30 by stadion.
Die Beginner tennisspelers oefen by die skool van 13:45 tot 14:30.
Geen ander tennis by skoolbane 14:30-15:30.

Sterkte aan ons spelers wat volgende week aan InterAfrica toernooi gaan deelneem by Truida Kestell in Bethlehem.

Netbal

1. Ons oefen Ma & Wo en speel liga op Donderdae, maar agv d vakansiedae word liga soms op ander dae gespeel. As die Do oop is, is dit dan ons oefendag.
2. Op Sa 23 April speel ons die toernooie van die 9de April. Programme word deur die onderskeie afrigters uitgedeel. Die 0/8-span se toernooi vind nie plaas nie.
3. Do 28 April speel ons teen OMS op WP se bane. Program volg. Die 0/11 A en 0/13 A speel eers op Di 3 Mei agv tennis.

Skaak

Ons skaakliga het nou tot ‘n einde gekom. Ons spanne het baie goed gevaar. Die week se uitslae: Novice gelyk-op,Senior A gelyk-op en Senior B wen. Baie dankie vir elke speler wat sy/haar beste gegee het. DAAR WORD MAANDAG 25 April ‘n FOTO van die LIGA spanne geneem in kort pouse. Kom asb. na juf Almari se klas, kamer 5.

Daar is steeds skaak op Dinsdae soos op buitemuurse rooster.

Rugby

OEFENING:
Die week se oefeninge gaan voort soos volgens die rooster, Maandag en Woensdag.

LIGA:
Donderdag 28 April teen Grey C by Grey.
Program sal deurgegee word soos ons dit ontvang.
Die spanne word Woensdag by die oefening gefinaliseer.

VS-PROEWE
Baie geluk aan die 0/12 en 0/13 seuns wat sover deur is na die volgende rondte proewe wat Vrydag 29 April by Willem Postma plaasvind. Sterkte.

ALGEMEEN:
Vir enige navrae rondom u seun se rugby, skakel gerus die afrigter van die onderskeie ouderdomsgroep.
Gr.1 / 0/7 :
Mnr. Ruben Coetsee : 084 580 1087
0/9 :
Mnr. Matthew Hardenberg: 062 399 4955
Mnr. Pieter Potgieter: 083 455 3298
0/11
Mnr. Ruben Maree: 074 285 2564
0/13
Mnr. Nico Venter: 072 039 5316

Voortrekkers

Vories moet asb Dinsdag-middag elkeen ‘n R5 saambring.  Ons gaan brood aankoop wat al ons maats op 3 Mei gaan smeer en verpak om vir Torings van Hoop te skenk. 

28 Mei is dit weer tyd vir die jaarlikse spesialisasiedag wat regoor die stad aangebied word.  Elke graadgroep gaan na ‘n ander kommando waar ‘n spesialisasie vir hulle aangebied word.  Al die inligting is op die Voortrekkers se telegram en ook op jul spangroepe.  Inskrywings en betalings word op Karri gedoen.  Sluitingsdatum is 17 Mei

29 Mei is daar ‘n inlywing en kerkparade by die Vrouemonument.  Dit is altyd ‘n mooi geleentheid vir ons nuwe voortrekkers om hul belofte in die spesiale plek af te lê.  Dit is gratis en opsioneel.  Die maats wat nie dan kan gaan nie, sal hul belofte aan die einde van die jaar by ons kommando-erkenningsfunksie aflê.  Dit sal ook binnekort op Karri verskyn sodat ons net kan weet wie dit sal bywoon en vir wie ons sertifikate moet regkry.

Uitslae van die week se sport

Rugby

UITSLAE:  WILLEM POSTMA vs ST. ANDREWS
0/7 A wen 2-0
0/7 B wen 7-0

0/9 A wen 24 – 7
0/9 B wen 36 – 7
0/9 C wen 25 – 0

0/11 A wen 15 – 0
0/11 B wen 27 – 0
0/11 C wen 20 – 0

0/13 A wen 39 – 0
0/13 B wen 48 – 0

Baie geluk aan al die spelers en afrigters vir hierdie puik uitslae.

Projekte

Streetstore

Ons as Possies vat hande met Street Store om klere in te samel vir mense in ons stad wat minder bevoorreg is.

Bring al jou klere en skoene wat nie meer pas nie.  Klere kan tot 29 April skool toe gebring word.
Kontak juf Mia Prinsloo vir meer inligting:  071 351 4082

 

Rolbaldag

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

It’s *BIG . It’s DUOLICIOUS* . It’s #MonsteritoThursdays  Get a 42cm Classic Monsterito Duo for only R179.90 and combine two classic pizzas into ONE! Which pizzas are you combining?  Offer available for sit-down and takeaways. Ts & Cs apply. @ Panarottis Mimosa Mall #PanasMonsteritoDuo                  
 A deal so BIG we couldn’t fit it on one image  Enjoy a 42cm Classic Monsterito Duo for only R179.90 at #MonsteritoThursdays  Pair with a jug of soda for just R49.90! Offer available for sit-down and takeaways. Panarottis Mimosa Mall.    Ts & Cs apply. #PanasMonsteritoDuo
 
  Everyone gets their slice at #MonsteritoThursdays  Enjoy a 42cm Classic Monsterito Duo for only R179.90! Why not satisfy your pizza cravings with this Duo-licious deal?  Offer available for sit-down and takeaways. Ts & Cs apply. #PanasMonsteritoDuo
      Want to know what 42cm of Duo-liciousness looks like? Tap to reveal the deal  Then, head down to your nearest Panarottis to enjoy #MonsteritoThursdays  Offer available for sit-down and takeaways. Ts & Cs apply. #PanasMonsteritoDuo

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit