22 Julie 2022

Gedagte vir die week: Ps 145:3

Die Here is groot, al die mense moet Hom prys. 

algemeen

Welkom terug

Dit is ‘n aangename, maar besige kwartaal.  In die besonder welkom aan ons nuwe leerders en hul ouers.  Mag julle gelukkige Possies wees.

Dan ook ‘n baie spesiale welkom aan Juf Yolandi Kotzé by die kleinklassie.

Rapporte

Die rapporte word vandag uitgedeel.  Ouers moet asb kyk daarna.

Oueraand

Dinsdag 26 Julie van 17h00-19h00 is geleentheid vir Gr 4-7 ouers om onderwysers te kom spreek.  Ouers sal gekontak word vir afsprake.

Ouerpraatjie op 3 Augustus: Help! My kind het angs...

Ouerpraatjie op 3 Augustus om 17h30 by Willem Postma skool.
HELP! My kind het angs, wat nou?…
Spreker: Janine Scholtz
· Wat is angs?
· Is daar `n verskil tussen vrees en angstigheid of lei die een na die ander?
· Vernaamste oorsake van angstigheid by die laerskool kind
· Simptome teenwoordig om angstigheid by Laerskool kinders te identifiseer
· Wenke vir ouers om angstigheid by Laerskool kinders te hanteer

Skoolsweetpakke: Dinsdag, Woensdag en Donderdag

Leerders kan Dinsdag, Woensdag en Donderdag skoolsweetpakke aantrek omdat ons gaan oefen vir die musiekblyspel.

Musiekkonsert

Onthou asb dat ALLE leerders aan die musiekblyspel gaan deelneem.  Ouers het tyd tot einde Augustus om die R280 vir kostuums op Karri te betaal.  Karri is heeltemal veilig!

Ons is op soek na die volgende vir ons konsert:
* Skoon, leë, ronde, 1 kg yogurt-houers
* Enige blikke verf wat vir dekor gebruik kan word (‘universal’ tot gekleurde verf)
* Ou, swart sykouse.
🎪Baie dankie! 🤡

Buitemuurs

Hokkie-liga

Donderdag speel ons teen Fichardtpark.  Seuns speel tuis en meisies speel weg.

Saterdag 30 Julie neem ons deel aan Eunice se wintersportdag.  Neem kennis dat o/9 en o/11 nie gaan speel nie.

VCSV

Aandag alle graad 4 – 7 leerders. Tjokkies nooi ons na ‘n ‘Praise & Worship’ aand in hul skoolsaal Maandag, 1 Augustus om 17:30 – 18:30. Om 18:30 tot 19:30 kan leerders kuier en daar sal pannekoek en koffie te koop wees. Toegang is gratis. Reël net jou eie vervoer. Leerders wat belangstel moet hulle name by Juf. Erika kom opgee voor Vrydag, 29 Julie.

Tennis

Tennis liga vir 0/14 begin die 25ste Julie.

Tennis oefening begin ook weer die Din. 26 Julie
1ste span meisies en seuns oefen by stadion. 14:30-15:30
0/11 meisies en seuns oefen by stadion.
14:30-15:30
Beginners oefen by skool
13:45-14:30
Ander spelers en gevorderde spelers oefen by skool.
14:30-15:30

Skaak

Ons skaak het baie goed gevaar tydens die liga. Die uitslae is soos volg: Novice 2de, Junior 3de en Senior A en B het albei 1ste geeindig. Baie geluk ook aan al ons bordwenners. Die prysuitdeling vind 30 Augustus plaas, leerders betrokke sal briewe ontvang.

Krieket

Baie sterkte vir die o/11 en o/13 krieketmanne wat Suid Vrystaat krieketproewe speel Vrydag.  Sterkte manne!

Rugby

0/13 SEWES Oefening Dinsdag 15:00 op die A-veld. Bring ñ ou rugbytrui en rugbybroek saam.  Name moet teen Maandag by Mnr. Ruben Maree se klas opgeskryf wees.

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 28 Julie – Mnr Paul & Juf Jollie

Lief en Leed

Ons innige meegevoel en simpatie met die volgende leerders en hul gesinne, wat geliefdes verloor het:

  • Leané Welsch – oupa
  • Dewald Ebersohn – oupa
  • Bontlé Hamnca – oupa
  • Juf Elzette – skoonma
Projekte

Bingo-aand

V

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit