Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

29 Oktober 2021

Gedagte vir die week: Fil 2:4-5

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.  Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was

Verkeer

Daar was ‘n ongelukkige voorval by die Winterstraat-hek vanoggend, waar ‘n kind se tas op haar rug getref is deur ‘n voertuig.  Asb. wees bedagsaam en geduldig – volgende keer is dit dalk jou kind!

Begrotingsvergadering

Kennis geskied hiermee van die begrotingsvergadering op 15 Nov 2021 om 17:30 waartydens 2022 se begroting goedgekeur moet word.  Die begroting is vanaf Dinsdag 2 November by die kantoor ter insae.

Eksamenrooster

Die eksamenrooster is op Telegram.  

Prysuitdeling: Gr 4 & 5

Gr 4 & 5  se prysuitdeling sal virtueel plaasvind op Woensdag 10 November 2021 om 9:00.  Leerders moet asb met formele somersdrag kom.  Die skakel sal die oggend op Telegram gedeel word.  Video sal later op PossieTV beskikbaar wees.

Prysuitdeling: Gr 6 & 7

Dit is ‘n heerlike voorreg om ons Gr 6 & 7 ouers uit te nooi na die Gr 6 & 7 prysuitdeling op Woensdag 10 November 2021 om 17:00  op die rugbyveld.  Leerders moet asb met formele somersdrag kom.  Die funksie sal ook lewendig uitgesaai word by www.possietv.co.za. Video sal later op PossieTV beskikbaar wees.

Juniorkoor

Juniorkoor oefen Dinsdag 2 November 13.30 – 14.00

Skryfbehoeftes 2022

Die skryfbehoeftelyste sal in die komende week op Telegram en die webtuiste geplaas word.

Graad 7's

Wydingsdiens - 7 Nov

Al ons graad 7-leerders en hul ouers word uitgenooi na ‘n spesiale wydingsdiens in Berg-en-Dal kerk op 7 November om 18:00.

Afsluiting - 16 Nov

Graad 7 Afsluiting Maselspoort 16 November 2021  – more detail will follow

Possies Weet Alles

“Binge watch” gerus ál 4 episodes oor die naweek ter voorbereiding vir die finaal wat Maandag vrygestel word.

Kerspakkies

Ons hou ń jaarlikse insameling van nie-bederfbare produkte om dankie te sê vir ons werkers wat so mooi na ons skool en ons kinders omsien.  Baie dankie vir die ouers wat reeds produkte gestuur het. Dis tyd om stil te staan en dankie te sê.

Possie Pretdag op 12 November

Possies kan spel

BORGVORMS IS VANDAG UITGEDEEL
Almal weet hoe slim ons Possies is, en spelwoorde is kinderspeletjies! Maak jou borgvorm propvol met mense wat wéét jy kan, leer jou spelwoorde en kom wys jou staal in die toets! Daar is ‘n prys op die spel vir die Possie met die grootste borgskap.
Mnr. en Mej. Possie
Ons kan nie nou die aap uit die mou laat nie, maar die gr.7s kan solank hul beste vere afstof!

Knip-vir-CANSA
Ons oorhandig al die poniesterte wat ingesamel is aan CANSA, en Possies kry die kans om vir Toktokkie te ontmoet. Kom verf jou hare @ R20 ten bate van CANSA.

Vrolike Vlaggies
Die rugbyveld verander in ‘n gholfsetperk, en die personeel se gholf-vernuf (of brouwerk) kan vir die Possies pryse in die sak bring! As daardie bal die naaste aan jou vlaggie gaan lê, kan jy vir jou ‘n prys van die tafel af kom kies. En hoe meer vlaggies jy op die veld het, hoe groter is jou kans!
Help ons om die prysetafel vol te maak deur ‘n prys te skenk waarvan jou kind sal hou en stuur dit solank skool toe in Oktober (sien prys-idees aangeheg). Pryse wat geskenk word sal toepaslik vir elke ouderdomsgroep toegeken word en elke graad sal ‘n gelyke aantal pryse kan wen.
Vlaggies te koop by jou onderwyser @ R10 vanaf 12 Oktober.
Possie Padkafee
Bestel solank vir jou kind ‘n burger en chips @ R50, of sommer ‘n paar dat jy ook nie hoef te kook nie! En geen Pretdag sal pret wees sonder soetgoed en koeldrank nie. Alles beskikbaar by ons Padkafee.
Dankie aan elke ouer wat ‘n verskil maak in Possieland.

SP Possiemark: Geskuif na Woensdag 3 Nov!!!

Alle gr. 4-7 leerders mag Woensdag gewone klere aantrek.
Voor skool mag leerders en ouers gazebo’s, sambrele ens. neersit op die toegekende plek.
Slegs die Checkers hek maak 10h00 oop indien daar ouers is wat dan goed moet bring vir die stalletjies.
Leerders wat tafels bespreek het, kan dit 10h00 gaan uitteken naby die snoepie. 13h00 moet dieselfde leerder die tafel terug besorg en weer daarvoor teken.

Verloop van die dag:
10h00 – 10h30: Opmaak van stalletjies
10h15 – 11h00: Beoordeling
11h00 – 13h00: Verkope
13h00 – 13:30: Opruim (Alle gr. 4 – 7 leerders)
13h30: Skool verdaag

BENODIGDHEDE:
Alle benodigdhede vir verkope
Versierings vir stalletjie
Kleingeld
Sambreel of gazebo
Dié wat vooraf gereël het vir elektrisiteit moet genoeg verlengkoorde saambring.

Tender vir snoepie

Indien u belangstel om vir die snoepie te tender, kan u die kriteria hier besigtig.  Tenders sluit 31 Oktober 2021.  Epos na psakkie@wpps.co.za

Swembad

Ons swembad word tans herstel.

Lief en Leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 30 Okt – Juf Louise
Projekte

Knip-vir-CANSA

Enige haarsalon kan gebruik word en geen betaling hoef gemaak te word nie – laat sny eenvoudig net jou poniestert af, sit dit in ‘n geseëlde plastieksakkie met jou naam, van, selfoonnommer en epos adres op. 12 November gaan CANSA vir ons kom kuier en dan kan almal hul hare laat verf teen ‘n fooitjie.

Vuuraanstekers & Rosyne

Tesame met die rosyne sal daar nou ook vuuraanstekers beskikbaar wees. 4 Individueel verpakte aanstekers in ‘n pakkie vir R20.

Preprimêr deurrymark

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit