Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

22 Oktober 2021

Gedagte vir die week: Ps 71:5

Want U is my hoop, my Heer; Here, van my jeug af stel ek my vertroue in U.

Begrotingsvergadering

Kennis geskied hiermee van die begrotingsvergadering op 15 Nov 2021 om 17:30 waartydens 2022 se begroting goedgekeur moet word.

Gholfdag

Baie dankie aan almal wat die gholfdag ondersteun het asook al die personeel wat tydens die dag gehelp het.

Belangrik

Leerders moet steeds maskers dra!  Die Departement van Onderwys het nie meer voorraad van ekstra maskers vir skole nie.  Maak dus asb seker dat u kind ‘n ekstra masker in sy/haar tas het.

Huis Willem Postma Opedag

Die koshuis se opedag vind plaas op 29 Oktober van 10:00 – 12:00

Adres:  De Bruinlaan 3, Rayton.       Kontak nr  0824451402

Eksamendatums

Die jaareindeksamen sal vir gr 7-leerders op Vrydag 19 November begin en vir gr 4-6 leerders op Woensdag 24 November.  Alle leerders sal op 1 Desember hul laaste vak skryf.

Toppresteerders

Baie geluk aan al die leerders wat 80% en meer gemiddeld behaal het in die afgelope eksamen.  Kyk hier na die akademiese Top 10 presteerders en bo 80% leerders.

Prysuitdeling: Gr 4 & 5

Gr 4 & 5  se prysuitdeling sal virtueel plaasvind op Woensdag 10 November 2021 om 9:00.  Leerders moet asb met formele somersdrag kom.  Die skakel sal die oggend op Telegram gedeel word.  Video sal later op PossieTV beskikbaar wees.

Prysuitdeling: Gr 6 & 7

Dit is ‘n heerlike voorreg om ons Gr 6 & 7 ouers uit te nooi na die Gr 6 & 7 prysuitdeling op Woensdag 10 November 2021 om 17:00  op die rugbyveld.  Leerders moet asb met formele somersdrag kom.  Die funksie sal ook lewendig uitgesaai word en die skakel sal die middag op Telegram gedeel word.  Video sal later op PossieTV beskikbaar wees.

Hoogspring

Graad 4 tot 6 oefen Maandae 3 tot 4uur.
Gr 3 oefen Woensdae 3 tot 4uur.
Slegs vir die 4de kwartaal.

Juniorkoor

Juniorkoor oefen Dinsdag 26 Okt 13.30 – 14.00

Graad 7-wydingsdiens

Al ons graad 7-leerders en hul ouers word uitgenooi na ‘n spesiale wydingsdiens in Berg-en-Dal kerk op 7 November om 18:00.

Kerspakkies

Ons hou ń jaarlikse insameling van nie-bederfbare produkte om dankie te sê vir ons werkers wat so mooi na ons skool en ons kinders omsien. Ons gaan elke tweede week ń boodskappie op die klasgroepe stuur sodat u op hoogte bly wat ons insamel daardie betrokke week. Baie dankie vir u samewerking! Dis tyd om stil te staan en dankie te sê.

Possie Pretdag op 12 November

LET OP DAT DIE BORGVORM VIR DIE SPELKOMPETISIE NOG NIE BESKIKBAAR IS NIE.

Ons Kermis trek ‘n nuwe baadjie aan met die Possie Pretdag op 12 November, propvol heerlike aktiwiteite vir die leerders!
Possies kan spel
Almal weet hoe slim ons Possies is, en spelwoorde is kinderspeletjies! Maak jou borgvorm propvol met mense wat wéét jy kan, leer jou spelwoorde en kom wys jou staal in die toets! Daar is ‘n prys op die spel vir die Possie met die grootste borgskap.
Mnr. en Mej. Possie
Ons kan nie nou die aap uit die mou laat nie, maar die gr.7s kan solank hul beste vere afstof!
Knip-vir-CANSA
Ons oorhandig al die poniesterte wat ingesamel is aan CANSA, en Possies kry die kans om vir Toktokkie te ontmoet. Kom verf jou hare @ R20 ten bate van CANSA.
Vrolike Vlaggies
Die rugbyveld verander in ‘n gholfsetperk, en die personeel se gholf-vernuf (of brouwerk) kan vir die Possies pryse in die sak bring! As daardie bal die naaste aan jou vlaggie gaan lê, kan jy vir jou ‘n prys van die tafel af kom kies. En hoe meer vlaggies jy op die veld het, hoe groter is jou kans!
Help ons om die prysetafel vol te maak deur ‘n prys te skenk waarvan jou kind sal hou en stuur dit solank skool toe in Oktober (sien prys-idees aangeheg). Pryse wat geskenk word sal toepaslik vir elke ouderdomsgroep toegeken word en elke graad sal ‘n gelyke aantal pryse kan wen.
Vlaggies te koop by jou onderwyser @ R10 vanaf 12 Oktober.
Possie Padkafee
Bestel solank vir jou kind ‘n burger en chips @ R50, of sommer ‘n paar dat jy ook nie hoef te kook nie! En geen Pretdag sal pret wees sonder soetgoed en koeldrank nie. Alles beskikbaar by ons Padkafee.
Dankie aan elke ouer wat ‘n verskil maak in Possieland.

SP Possiemark: 29 Oktober 2021

Die Possiemark vind plaas op Vrydag 29 Oktober.

10:00 – 10:30 regmaak van stalletjies.  Geen leerder sal vroeër toegelaat word om stalletjies reg te kry nie.

Leerders mag wel voor 07:30 net ‘n gazebo, sambreel of tafel solank op hul plek gaan neersit.

10:30 – 11:00 Beoordeling van stalletjies en produkte.

11:00 – 13:00  Verkope

13:00 – 13:30 Alle gr. 4 -7 leerders ruim eers op, skool verdaag om 13:30.

Tender vir snoepie

Indien u belangstel om vir die snoepie te tender, kan u die kriteria hier besigtig.  Tenders sluit 31 Oktober 2021.  Epos na psakkie@wpps.co.za

Lief en Leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 27 Okt – Mnr Pieter Potgieter
Projekte

Huiswerkboek en Koerant

Vuuraanstekers & Rosyne

Tesame met die rosyne sal daar nou ook vuuraanstekers beskikbaar wees. 4 Individueel verpakte aanstekers in ‘n pakkie vir R20.

Knip-vir-CANSA

Enige haarsalon kan gebruik word en geen betaling hoef gemaak te word nie – laat sny eenvoudig net jou poniestert af, sit dit in ‘n geseëlde plastieksakkie met jou naam, van, selfoonnommer en epos adres op. 12 November gaan CANSA vir ons kom kuier en dan kan almal hul hare laat verf teen ‘n fooitjie.

Preprimêr deurrymark

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Willem Postma Spoil Basket
Print Friendly, PDF & EmailDruk uit