24 Junie 2022

Gedagte vir die week: Ps 139: 9-10

Vlieg ek na die ooste,  of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.

 

algemeen

Geniet die vakansie en ry veilig.

Skool begin 19 Julie om 7:30 en verdaag om 13:00 vir personeel vergadering.  Leerders trek formele skooldrag aan, al is dit ‘n Dinsdag.

Toere

Sterkte vir al die sporttoere en toernooie.  Rugby, netbal en hokkie.

Netbal

Geluk aan ons o/13A netbalspan wat deurgedring het na die Nasionale uitspeelwedstryde in Augustus.

Laaities & Ladies

Kinders moet asb hul sangsolo liedjies oefen.  Ons moet die woorde en wysies goed ken na die skoolvakansie.

19 Julie Buitemuurs

Geen skaak.

Voortrekkers sal wel begin.

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die vakansie verjaar:

  • 29 Junie – Juf Dalene
  • 7 Julie – Juf Lynnette

Simpatie

Ons innige meegevoel met die volgende gesinne wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

  • Jana Loots – Oupa
borge
Print Friendly, PDF & EmailDruk uit