25 Februarie2022

Gedagte vir die week: Fil 4:4

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

algemeen

Dept Gesondheid: Ontwurmingsveldtog

Die hele skool se leerders het vorms ontvang ivm ontwurmingspille.  Dit moet asb voor/op 28 Februarie teruggestuur word.

Godsdiensbeoefening

Na verskeie mediaberigte wil ons ouers gerusstel dat die skool se godsdiens beleid heeltemal in lyn is met wat die nasionale beleid en die grondwet voorskryf.

Ons is nie skaam om te sê dat ons ‘n skool is met Christelike waardes nie.  Geen leerder word egter gedwing of benadeel in die beoefening van ons godsdiens by die skool nie.

Ouers het die keuse om die skool in te lig indien hul kinders nie aan godsdienstige aktiwiteite mag deelneem nie.  Ons respekteer vryheid van assossiasie ook ten opsigte van godsdiens.

Sluitkassies

Daar is nog enkele sluitkassies beskikbaar.  Kontak tannie Marie by die kantoor.

Toetsrooster vir kwartaal 1

Die kwartaal snel ten einde en die toetsrooster vir Maart is hier beskikbaar.  Die werksafbakening sal vroeg volgende week beskikbaar wees.

GF Possiemark

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Gr. 1 tot 3 Possiemark.

Hier volg ‘n paar reëls en riglyne vir daardie dag:

  • Datum:      Vrydag, 11 Maart 2022
  • Tyd:             09:30 – Reg maak van stalletjies 
  •                      10:00 – 11:00 – GF Verkope 
  •                      11:00 – 12: 00 – SP Verkope
  • Plek:            Willem Postma Rugbyveld
  • Prys:            R30 per leerder
  • Tema:          Sirkus

ITEMS:

  • Alle items moet kreatief en selfgemaak wees.
  • GEEN gekoopte items mag net so herverkoop word nie.
  • Alle items moet te alle tye veilig wees.
  • Eetgoed soos snoepery (koekies, lekkers, biltong) mag verkoop word, maar moet kreatief verpak wees.
  • Indien u “cupcakes” en biltong wil verkoop, gaan daar net ʼn sekere hoeveelheid toe gelaat word.
  • GEEN diere mag verkoop word nie.
  • GEEN diere mag gebring word om op te ry nie.
  • GEEN “lucky draw” kaartjies

STALLETJIES:

  • Daar mag meer as een leerder per stalletjie wees, maar dan moet elke leerder R30,00 betaal, bv. 4 leerders per stalletjie = R120.00
  • Voltooi slegs 1 vorm in per groep, met alle name
  • Stalletjies moet op die rugbyveld wees.
  • Stalletjies moet ten alle tye self netjies gehou word.
  • Stalletjies moet volgens die tema versier word.
  • Beperkte kragpunte beskikbaar teen R20.
  • Beperkte staaltafels beskikbaar teen R10 per tafel.

PRYSE:

Pryse gaan aan die volgende gegee word:

  • Mees kreatiewe selfgemaakte item wat verkoop word.
  • Stalletjie wat die mooiste versier is uit herwinbare materiaal.

BENODIGDHEDE:

  • Eie tafels, stoele en tafeldoeke vir verkope – niemand mag uit ʼn klas iets verwyder nie.
  • Versierings vir stalletjie
  • Kleingeld
  • Sambreel of gazebo.

ONTHOU:

  • Gelde moet by Juf. Alida betaal word.

Inskrywings moet voor\op 7 Maart op googleforms voltooi word.  https://forms.gle/bfNFEzF29F1G3Jjv5

Buitemuurs

Laaities en Ladies

Laaities en Ladies graad 1 sang groep tree Sondag 6 Maart op in die Woodland Hills Gemeenskaps Kerk om 9 uur.

Netbal

Geen Netbal Woensdag 2 Maart agv Aandliga

  • Aandliga Wo 2 Maart:  o/10 & o/11
  • Aandliga Do 3 Maart o/12 & o/13
  • Program

Baie sterkte aan die onderwyseresse wat netbalgraderings en reëlbesprekings bywoon die naweek.

Daar is ‘n groot behoefte aan ‘n persoon (mamma/student) wat op Ma & Wo kan help met balvaardighede.  Kontak asb vir juf Hannerie (0842074368)

Rugby

Alle ouderdomme begin volgende week oefen!
Gr.1 Maandag 14:00 – 15:00
0/9 Maandag 14:00 – 15:00
Alle Gr.1- 0/9 spelers is welkom by die oefeninge.

SLEGS AANDLIGA SPELERS
0/11 Ma en Di 15:00 – 16:30
0/13 Ma en Di 15:00 – 16:30

DAAR SAL GEEN RUGBY OEFENING WEES WOENSDAG EN DONDERDAG NIE, WEENS DIE AANDLIGA WAT PLAASVIND!

WEDSTRYDE: Aandliga
Woensdag
0/13 B vs. Fich B 15:45
0/13 A vs. PBS 19:30
Donderdag
0/11 A vs. PBS 19:15

TOER:
Die 0/11 en 0/13 Toerspanne word vandag bekend gemaak.
Daar sal Maandag 16:30 ñ inligtingsessie wees vir die ouers in die lapa!

Swem

Inter Primêr:

  • Baie geluk aan elke swemmer wat geswem het. Dankie dat jy ten alle tye jou beste gegee het. Julle het ons skool se naam hoog gehou.
  • 40 Swemmers het deelgeneem
  • Individuele medaljes: Goud = 15; Silwer = 8;  Brons = 9
  • Aflosse: Goud = 4;  Silwer = 6;  Brons = 7
  • Philip le Roux het 2 rekords verbeter.
  • Deuné du Plessis het 1 rekord verbeter.
  • Philip le Roux is aangewys as die beste seun vir 13 jaar oud.
  • Ané Pienaar is aangewys as die beste dogter vir 10 jaar oud.
  • Philip le Roux is ook aangewys as die Victor Ludorum.
  • As ons die seuns en dogters se punte bymekaar tel is Willem Postma die beste swemskool in die Vrystaat en ons dank elke ouer, swemmer en swemklub daarvoor!

Tennis

Geen tennis oefening by skool vir beginners en gevorderde spelers volgende week nie tot verdere kennis.
Stadion oefening gaan voort Dinsdag.

Voortrekkers

Ondersteun die Voortrekkers se koekverkoping

Vrydag 4 Maart gedurende pouse.

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 28 Feb – Tannie Marinda
  • 3 Mrt – Juf Almari
Uitslae van die week se sport

Aandliga uitslae

  • 0/11 A wen 27-0 teen JF
    0/13 B wen 12-5 teen Koot Niemann 0/13 A
    0/13 A wen 12-0 teen JF
Projekte

Vuuraanstekers

Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.

Ondersteun asb ons kleuterskole se fondsinsamelings

Kontak die skooltjies vir die bestelvorms.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit