26 Maart 2021

Beheerliggaam

Baie dankie aan al die ouers wat so fluks gestem het gister.  Ons het ‘n 42% stempersentasie behaal teenoor die verlede se 31%.  Baie dankie ook aan PWC wat die proses vir ons bestuur het.

Baie geluk aan die verkose kandidate:  Stephen Rautenbach, Ilse van der Merwe, Carli van Staden, Stefanie J van Rensburg, Mari Steyn, Bernard Haasbroek.

1 April : Skool verdaag 12:00

Wintersdrag

Leerders kan wintersdrag begin aantrek.  Dit is eers van 1 Mei af verpligtend.  Raadpleeg die huiswerkboek vir die korrekte kleredrag.

Oorkrabbertjies

Slegs goud of silwer oorkrabbertjies mag gedra word. Ringetjies of “studs”. Daar mag geen steentjies deel wees van die oorkrabbertjies  nie.

Kopluise

Daar is ongelukkig weer kopluise in die rondte.  Kinders met kopluise moet asb by die huis gehou word om verspreiding te voorkom.  Praat asb met u apteker vir behandeling.

Checkers-hek

Moedig asb die kinders aan om op die geplaveide paadjie voor die motors verby te beweeg.  Die doel van die paadjie is juis om dit vir ons leerders veiliger te maak.

Haar- en Naelinspeksie

Woensdag 31 Maart sal daar haar- en naelinspeksie wees.  Sien asb toe dat u kinders se hare volgens die skoolreëls is.

Rosyne

Die kind wat volgende week (Maandag – Donderdag) die meeste rosyne verkoop wen R500!

Kouse projek

Baie dankie vir al die kouse wat ingekom het.  Julle kan weer Maandag kouse stuur

Moedersdag

Ons kan nie glo dis al amper Moedersdag nie.

Ons is opgewonde om tafellopers en plekmatjies op die KARRI app beskikbaar te hê.

Jy kan jou bestelling en jou aankope direk op die Karri app doen vanaf Dinsdag 30 Maart tot 30 April

Daar is vele klere en patrone om van te kies en te keur!!!!

Maak daardie Moederharte gelukkig !

Ma's wat Omgee

Raak betrokke by die Voedselskema projek wat vir behoeftiges voorsien of kom bid saam vir Willem Postma. 

Kontak Lydia Ellis vir meer inligting 0824913186

Landloop

Voorlopig begin die landloopliga oor 6 weke.  Almal wat belangstel om te begin oefen kan vir Danie Crause kontak by 084 433 0991

Grondslagfase Possiemark

Die possiemark vind op 22 April tydens skoolure plaas.  Covid-regulasies sal gevolg word.  Die tema is ‘Around the world’

Slegs gr 1-3 kan kom uitstal in groepe van 1-3 leerders.  Kry solank jou span bymekaar en begin planne beraam.  Daar sal pryse wees vir bv kreatiefste item, opmaak van stalletjies met herwinbare material ens.  Daar sal ‘n beperking wees op kosverkope.

Inskrywingsfooi is R40 per stalletjie.  Volg die skakel om in te skryf:    https://forms.gle/NbBLWEvDsTqGsnDi7

Lief en Leed

Verjaarsdae

31 Maart – Juf Mariaan

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit