Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

27 Augustus 2021

Gedagte vir die week: Habakuk 3:18

…. nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.

Dankie

Dankie aan al ons ouers en leerders wat hierdie week pligsgetrou by die huis gewerk het.

Dit is egter minder aangenaam dat meer as 100 van ons leerders sonder verskoning afwesig is vandag.  Die onderwysers was almal slaggereed en op hul pos.

Buitemuurs

Ons as laerskole se skoolhoofde het gesamentlik, met die toestemming van ons beheerliggame, besluit om alle buitemuurse aktiwiteite ten minste vir volgende week voorlopig te staak.
Indien ons nie teen einde volgende week ‘n amptelike brief vanaf Departement ontvang het dat sport en kultuur gestaak moet word nie, sal elke skool self besluit hoe hulle buitemuurse program sal lyk vanaf 6 September 2021.

Redenaars

Die Gr 4-7 redenaars wat volgende Dinsdag sou plaasvind word uitgestel na Donderdag 2 Sept.

Skooldrag vanaf 1 Sept

Vanaf Woensdag 1 Sept kan leerders Somersdrag of skoolsweetpakke aantrek.  Asb nie somersportdrag nie!

Maskers

Kinders moet asb hul maskers onthou.  Indien moontlik, sit ‘n ekstra een in hul tas.
Die departement het geen voorraad meer om aan skole te verskaf nie.

Haar- en naelinspeksie

Sorg dat u kind(ers) se hare  Maandag 30 Augustus reg is volgens die skoolreëls.  Naels moet asb netjies wees.

Graad 1 ouers

Projekte

Golfdag

Ondersteun asseblief ons Gholfdag deur in te skryf of te help met pryse! Kontak gerus vir Benita.

Netbalbane

Help ons om die netbalbaan oor te doen. Kry ‘n 3 jaar advertensiebord kontrak teen slegs R20 000.

Kontak gerus vir Benita: 076 059 1000/ bemarking@wpps.co.za indien u belangstel. Net 6 spasies beskikbaar. Spring gou!

Knip-vir-CANSA

Enige haarsalon kan gebruik word en geen betaling hoef gemaak te word nie – laat sny eenvoudig net jou poniestert af, sit dit in ‘n geseëlde plastieksakkie met jou naam, van, selfoonnommer en epos adres op. 12 November gaan CANSA vir ons kom kuier en dan kan almal hul hare laat verf teen ‘n fooitjie.

Vuuraanstekers

Tesame met die rosyne sal daar nou ook vuuraanstekers beskikbaar wees. 4 Individueel verpakte aanstekers in ‘n pakkie vir R20.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Willem Postma Spoil Basket
Willem Postma Skyband
Print Friendly, PDF & EmailDruk uit