27 Mei 2022

Gedagte vir die week: Sef 3: 17

Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde.  Hy jubel en juig oor jou.

algemeen

Eksamen

Die eksamenrooster en werksafbakening gaan vandag uit.  Weens die papiertekort agv die vloede in KZN sal die werksafbakening hierdie kwartaal ongelukkig net op Telegram, whatsapp en die webtuiste beskikbaar wees.

Sirkus!

Oudisies vir die hoofrolle vir ons “musical” word volgende week Woensdag 1 Junie in die sangklas gehou. Name kan in die sangklas opgeskryf word. Die dialoog (woorde wat voorberei moet word) en inligting oor die rolle is by Juf. Lynnette beskikbaar. Berei ook ‘n kort stukkie van ‘n liedjie voor.

LAASTE GELEENTHEID! Komberse, serpe en musse

Daar sal nog een laaste geleentheid wees om komberse, musse en serpe te bestel.  Die bestelling sal op 20 Junie sluit en die aflewering sal plaasvind wanneer die skool open.

Bybelvasvra

Datum: 23 Junie  (In skooltyd – nadat Eksamen afgehandel is)

  • Elke span gebruik sy eie selfoon.  (Daar moet data op die sel wees om in die program wat ons gebruik in te gaan.)
  • Daar mag 1-3 lede in ‘n span wees (Graad 4-7).  Gee jouself of jou span ‘n naam (wees kreatief). Net een speler in die span gebruik sy selfoon om die vrae te antwoord, MAAR almal in die span mag help en saamwerk.
  • Daar is 4 afdelings met 5 vrae elk.  Elke afdeling gaan uit ‘n sekere tipe vraag bestaan, bv keusevrae, waar of vals, invul, ens.  
  • Al die vrae gaan uit die boek Genesis kom.  

Jul kan jul Bybels of die “BibleApp” gebruik om antwoorde te soek maar ONTHOU  die vrae moet in ‘n gegewe tyd beantwoord word EN die span wat die vinnigste antwoord, kry die meeste punte.

  • Na elke afdeling word ‘n wenner aangewys wat die afdeling gewen het.

Begin lees en skryf in….dit gaan groot pret wees !!!

DIE DOEL VAN DIE BYBELVASVRA IS OM LEERDERS TE MOTIVEER OM HUL BYBEL TE LEES, DIT TE GENIET EN UIT TE SIEN NA DIE VOLGENDE BYBELVASVRA!

Vir enige navrae kontak Juf. Lauraine. (Sel: 072 284 2115)

NB!!!  Vul die Inskrywingsvorm in voor of op 18 Junie 2022.

Bybelvasvra Inskrywingsvorm (Link)

https://surveyheart.com/form/6281552374c1c748d809e259

Buitemuurs

Buitemuurs staak 3 Junie

tensy afrigters anders reël.

Hokkie

Willem Postma Hokkieproewe by Sentraal:

  • O/13 Dogters, Maandag 30 Mei 18:00 – 19:00
  • O/13 Seuns, Dinsdag 31 Mei 18:00 – 19:00
  • O/12 Seuns, Woensdag 1 Junie 18:00 – 19:00
  • O/12 Dogters, Donderdag 2 Junie 18:00 – 19:00

Die Risings Star Toernooi wat die 15 en 16 Junie plaasvind sal dien as finale proewe om ons spanne te finaliseer vir die skool se hokkietoer in die vakansie van 10 tot 13 Julie. 

‘n Gratis hokkiekliniek word deur Pocket Rocket by die skool aangebied.  Die kliniek fokus op vaardigheidsontwikkeling ter voorbereiding vir die hokkieseisoen. 

Gr. 1 – 3:

  • Woensdag 8 Junie, 12:00 – 13:00
  • Maandag 13 Junie, 12:00 – 13:00
  • Woensdag 15 Junie, 12:00 – 13:00

Gr. 4 – 6:

  • Donderdag 9 Junie, 12:00 – 13:00
  • Dinsdag 14 Junie, 12:00 – 13:00

Gr. 7 by Sentraal se Astro: 

  • Woensdag 8 Junie, 12:15 – 13:30
  • Donderdag 9 Junie, 12:15 – 13:30
  • Maandag 13 Junie, 12:15 – 13:30

Die skool het ‘n beperkte aantal hokkiestokke vir leerders wat nog nie stokke het nie.

Pres Steyn sportdag - 4 Junie

Betrokke afrigters sal met die kinders reël.

Vrystaat Rugby

Sterkte aan al ons seuns in die onderskeie Vrystaatspanne wat aan die Milliniumtoernooi in Pretoria gaan deelneem.

Tennis

Die laaste tennisoefening sal die 31ste Mei wees vir die kwartaal.
Die eerste tennisoefening vir Kw 3 is die 26ste Julie.
0/13 Liga datums sal nog deur gegee word.
Dogters sal op Maandae liga speel en seuns op Woensdae.

Netbal

1. Ons het al die liga-wedstryde teen PBS gewen. Sien uitslae.
2. Ons het al die liga-wedstryde teen JF gewen. Sien uitslae.
3. Op Vry 27 Mei neem sekere spanne aan mini-netbaltoernooie deel:
0/7 en 0/8 speel by PBS
0/9 speel by Tjokkies
Dogters het briefies ontvang.
Baie sterkte.
4. My Fathers Academy kom speel op Vry 27 Mei ‘n vriendskaplike wedstryd teen 0/11 E.
Baie sterkte.
5. WP speel vlg Do 2 Junie ons laaste liga-wedstryd teen Onze Rust op ons eie bane. Die program sal nog volg. Alle A, B en C-spanne gaan speel.

Rugby

ALGEMEEN:
Ons rugby sluit volgende week af vir 2022.
Met die naderende eksamen is die laaste wedstryde ook na die week geskuif.
Maandag speel al die A-spanne teen Brandwag, by Brandwag en Woensdag speel A – C spanne teen JF en Sand du Plessis.
Programme sal deurgegee word soos dit ontvang word.

LIGA:
Maandag vs Brandwag. SLEGS A-SPANNE.
( Al die wedstryde vind by Brandwag plaas.)
Woensdag vs JF.
Al ons A en B spanne speel teen JF.
0/7 C, 0/11 C en 0/13 C speel teen Sand du Plessis.

OEFENING:
Maandag is dus die laaste oefeninge vir die jaar, die spanne vir Woensdag sal by die oefeninge gefinaliseer word en briefies sal dan Dinsdag uitgedeel word.

Dankie aan al die afrigters en in besonder RSD-Coaching, dit word opreg waardeer!

Dankie vir almal se ondersteunig tot dusver die jaar.

Voortrekkers

Geniet al die spesialisasie-pret môre regoor die stad.  Sondag is inlywing en kerkparade by die Vrouemonument. 

Ons sluit Dinsdag 31 Mei af vir die kwartaal.  Eerste byeenkoms van die nuwe kwartaal is 19 Julie.  Onthou alles wat jy van voortrekkers moet weet is op Vader Visser se telegram-kanaal.

Registrasies het nou gesluit vir die jaar.

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat die komende week verjaar:

28 – Juf Marné
30 – Juf Erna
31 – Mnr Pieter Klindt

Simpatie

Ons innige meegevoel met die onderstaande leerders en hul familie wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

  • Janco Nel – pa
  • Christoph Brönn – oupa
Uitslae van die week se sport

Rugby

UITSLAE teen Universitas

0/7 C 1 – 1 gelyk.
0/7 B WEN 5-2
0/7 A verloor 0-2

0/9 C WEN 19-14
0/9 B WEN 29-5
0/9 A verloor 7-26

0/11 C WEN 19-0
0/11 B WEN 22-0
0/11 A verloor 10-14

0/13 C verloor 17-19
0/13 B WEN 53-0
0/13 A WEN 24-20

Baie geluk met al die goeie uitslae!

Netbal

UITSLAE teen JF

o/10A wen 19-5
o/10B wen 13-5
o/10C wen 20-1

o/11 A wen 21-8
o/11 B wen 15-4
o/11 C wen 21-2

o/12 A wen, want JF gee punte oor
o/12 B wen 18-5

o/13A 23-6 wen
o/13B 20-14 wen

 

Baie geluk met al die goeie uitslae!

Projekte

Bingo-aand

Bingo Aand 29 Julie – hou die datum oop!
Ons kort jou hulp om seker te maak ons Bingo aand is propvol lekker pryse – as jy iets kan bydrae in terme van pryse / donasies kontak asseblief vir Benita – bemarking@wpps.co.za

Damesaand

Willem Postma & PNA Damesaand 10 Junie 2022
Bespreek nou jou plek vir ons mosaïk, sop en sherry aand. R250 per kaartjie. Boek jou kaartjie hier: https://forms.gle/PZU7TWYLvpNp97Fd7

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit