28 April 2022

Gedagte vir die week: Ps 23:1

…ek kom niks kort nie.

algemeen

Dinsdag 3 Mei is Vrydag-rooster

Gr 4-7 moet asb Dinsdag 3 Mei hul tasse volgens die Vrydag-rooster inpak.

Wintersklere

Van Dinsdag 3 Mei is wintersdrag verpligtend.  Kyk asb op die webtuiste om seker te maak dat u kind se klere reg is.

Rolbaldag

Ondersteun asb weer ons jaarlikse fondsinsameling op 6 Mei 2022.  Hierdie jaar hou ons weer ‘n rolbaldag in die plek van ‘n gholfdag.  Daar is nog plek vir spanne van 4 wat wil inskryf, maar enige pryse sal ook waardeer word.  As jy dit nog nie beleef het nie, mis jy uit.  Kontak Benita 0760591000

Moedersdagverkope

Moedersdag geskenke word volgende week tydens pouse verkoop.  Pryse wissel tussen R5 en R50

Buitemuurs

Nautilus wiskunde

Hiermee word alle Gr. 4 tot Gr.12 leerders wat van Wiskunde hou uitgenooi na die 2de Nautilus kamp!! 

2de Kamp – 14 Mei          3de Kamp – 20 Augustus            4de Kamp – 22 Oktober

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 06 Mei om 12:00.  Geen laat inskrywings kan toegelaat word nie!
  • Inskrywings kan per e-posgedoen word.
  • Die koste beloop R200per leerder en sluit ’n versnapering en ligte middagete in.
  • Die Nautilus word by Fichardtpark P/S aangebied.
  • Inskrywings word nie aanvaar sonder ’n kopie van die betalingsbewysnie!!! Stuur na Juf. Lee-Ann
  • Geen gelde kan  terugbetaal word vir kansellasies na Maandag 9 Mei nie.
  • Die naam van die skool, sowel as leerder se graad moet asseblief duidelik leesbaarin die verwysingsblokkie van bankdepositostrokies verskyn. Verkieslik in drukskrif of getik!!
  • Bring eie skryfbehoeftes en sakrekenaars saam. Kleredrag is gemaklik.  GEEN MASKER GEEN TOEGANG!
  • Slegs leerders word op die skoolterrein toegelaat.
  • Daar is ’n snoepie beskikbaar tydens pouses. (verkies die gebruik van kaarte)
  • Die program begin om 08:30. 
  • Junior (Gr 4 – 7) eindig om 15:45 en die senior (Gr 8 – 12 ) om 16:00.

Vir meer inligting kontak Lee-Ann : 0733920011

Netbal

1. Baie sterkte aan al die netbalspanne wat vandag teen OMS speel.
2. Die volgende 3 meisies is gekies vir die 0/13 Suid-Vrystaat netbalspan:
    Roné Strydom
    Lizanne de Villiers
    Savanah Olivier
    Baie geluk. Ons is trots op julle.
3. Ons speel Do 5 Mei teen Fichardtpark op Willem Postma se bane .
4. Op Vry 6 Mei neem ons 0/7-0/9 dogters aan ‘n mini-netbaltoernooi deel wat by Onze Rust sal plaasvind.

Rugby

OEFENING:  Woensdag soos op rooster.

LIGA:  Donderdag 5 Mei
Teen Laerskool Bloemfontein by Willem Postma.
Program sal deurgegee word sodra wedstryde gefinaliseer is.
Die spanne sal ook Woensdag by oefeninge aangekondig word.

Tennis Gr 4-7

Dinsdag 3 Mei oefen die senior spelers en 0/11’s by die stadion om 14:30 – 15:30.
Die Beginner tennisspelers oefen by die skool van 13:45 tot 14:30.
Gevorderde tennisspelers 0/11 tot 0/13 oefen by skool van 14:30-15:30.
Gaan kyk asb by juf. Lee-Ann se klaskamer om te weet waar jy Dinsdag oefen.

Projekte

Vuuraanstekers

Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit