Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Google classroom is nou weer aan die gang. Ouers kan die registerpersoneel kontak indien hulle nie die epos-adres of wagwoord het nie.
Instruksies vir toegang tot Google classroom
Na 14h00 in die middag is slegs die CHECKERS-HEK oop vir toegang.
Koor en Voortrekkers gebruik die Zola Budd-hek. Drama-leerders kom Maandae in by Checkers en word afgehaal by Zola Budd. Besoekers deur die dag slegs by Johan Pienaar-hek.
Sluitkassies is nou beskikbaar. Hier is meer inligting.
Ons doen asb weer ‘n beroep op ouers om op hul kinders se selfone en ander toestelle te kyk waarmee hulle besig is, en wat hulle op groepe kwytraak.
Dit bly ouers se plig om kinders op te voed rakende sosiale media.
Atletiek oefentye is hier beskikbaar en ook op Telegram.
Die atlete wat aan die Sone byeenkoms gaan deelneem die 8ste Februarie sal Maandag briewe ontvang. Die Fichardtpark uitnodigings byeenkoms is die 12 Februarie. Atlete wat daaraan deelneem sal later briewe kry.
Vrydae: 13:15-14:15 en 13:40-14:40
Vir enige navrae kontak:
Hetta Steyn 0745833118
Ons begin 4 Febr.
Sterkte vir die Seniorkoor wat hierdie naweek hul eerste oefenkamp by Gariepdam het.
Volgende week se krieketwedstryde is soos volg: 31 Januarie -3 Februarie
Lees die brief oor Nautilus wiskunde hier, en leerders wat belangstel kan juf Lee-Ann kontak.
Die gr 1-koortjies begin die week oefen. Possie Mossies & Laaties en Ladies oefen saam maar tree apart op. Kyk op die buitemuurse rooster vir die tyd.
Willem Postma se Skaaktoernooi gaan plaasvind op Vrydag 11 Februarie 2022. Alle spelers vanaf Gr 1 – Gr 7 kan hieraan deelneem wat reeds skaak kan speel.
Die toernooi sal 14:00 tot ongeveer 16:00 plaasvind in die skoolsaal.
Gr. 1 – 3 leerders moet asb. 13:30 aanmeld vir ‘n reëlbespreking. Gr. 4 -7 kan 13:45 aanmeld.
Alle skaakspelers wat daaraan wil deelneem, moet die aanlyn vorm invul voor of op 8 Februarie 2022 om 12:00. https://forms.gle/RUgqSQCeDPBd8WiEA GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD.
Daar sal ‘n Graad 1, Junior (Graad 2 en 3) en Senior (Graad 4-7) afdeling wees. Spelers mag slegs onder een van die afdelings deelneem.
Kleuregala:
Kleuregala – AFLOSSE:
Oefening:
Die tennis inskrywings op googlevorm het gesluit.
Daar sal Maandag 7 Februarie lyste by Juf. Lee-Ann se klas opgesit word. Die plek en tyd van oefening sal aangedui word.
Die tennis oefengroepe vir gr 4-7 leerders sal die 8ste Februarie begin. “Rankings” sal tot tot 3 Februarie gespeel word.
Daar sal n tennis vergadering, 9 Februarie ,om 18:30 in die skoolsaal wees, vir die ouers wie se kinders liga gaan speel.
Ons kort hulp met afrigting by beginner tennis agv Massa deelname.
Dinsdae 13:45-14:30 vanaf 8 Feb
As iemand kan help kontak Lee-Ann 0733920011
Indien jou kind voortrekkers doen hierdie jaar, moet jy die volgende 3 dinge doen:
Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:
Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.