29 Julie 2022

Gedagte vir die week: Ps 46:11

11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

algemeen

Vrydag 5 Aug

Skool verdaag om 12:00 vir die langnaweek.  Maandag is ‘n skole-vakansiedag.

Veiligheid

Leer asb u kinders padveiligheid.  Moet asb nie dat hulle oor die pad hardloop tussen aankomende verkeer nie.

Lig asb u kind in om nie met vreemdelinge te praat of geskenkies te aanvaar nie.  Rapporteer asb enige insidente dadelik.

VCSV : Praise and Worship 1 Aug

Reëlings rakende die Tjokkies Praise and Worship Aand:
Maandag, 1 Augustus in Tjokkies se skoolsaal.
Maak gebruik van Tjokkies se hoofhek (hek 1) geen ander hek gaan oop wees nie.
Die program begin om 17:30.
19:00 kan leerders pannekoek en koffie voor die saal geniet (bring kontant).
Ouers kan leerders om 19:30 binne die skoolgronde by die hoofhek kom oplaai.

Ouerpraatjie 3 Aug: 17:30

Ouerpraatjie op 3 Augustus om 17h30 by Willem Postma skool.
HELP! My kind het angs, wat nou?…
Spreker: Janine Scholtz
· Wat is angs?
· Is daar `n verskil tussen vrees en angstigheid of lei die een na die ander?
· Vernaamste oorsake van angstigheid by die laerskool kind
· Simptome teenwoordig om angstigheid by Laerskool kinders te identifiseer
· Wenke vir ouers om angstigheid by Laerskool kinders te hanteer

Die Checkers-hek en Zola Budd-hek sal oop wees.

Ma's wat Omgee

Alle ouers is welkom om Donderdagoggende 7h15 saam te kom bid by die middagstudie aan die Winterstraat kant. Kontak Lydia vir enige navrae 0824913186

Buitemuurs

Nautilus Wikunde

3de Nautilus vind 20 Aug 2022 plaas.
Kyk PDF vir meer inligting en betalings.
Bewys van betaling kan na juf. Lee-Ann gestuur word.

Tennis

Baie geluk aan die 1ste span tennis dogters met die goeie oorwining teen Fichartpark.

Sterkte vir die naweek se Mangaung Metro toernooi asook Dinsdag tot Saterdag vir die Inter Africa toernooi.

Hokkie

Sterkte aan al ons spanne wat Saterdag aan die Eunice Wintersportdag deelneem.  Almal wat deelneem het briewe ontvang.

Donderdag speel die seuns weg teen Grey en die Dogters speel tuis teen Eunice.
Leerders wat speel sal briewe van hul afrigters ontvang.

Voortrekkers

Die Voortrekkers hou koekverkoping Vrydag 5 Aug.  Stuur gerus ‘n geldjie saam.

Uitslae van die week se sport

Hokkie teen Fichardtpark

Dogters

  • Gr 1       A             Wen      2 – 1
  • Gr 1       B             Wen      3 – 0
  • Gr 1       C             Wen      5 – 0
  •  
  • Gr 2       A             Wen      2-1
  • Gr 2       B             Verloor 0-2
  • Gr 2       C             Wen      2-1
  •  
  • Gr 3       A             Gelyk    0-0
  • Gr 3       B             Wen      2-1
  • Gr 3       C             Wen      7-0
  •  
  • Gr 4       A             Wen      7-0
  • Gr 4       B             Wen      6-0
  •  
  • Gr 5       A             Wen      1-0
  • Gr 5       B             Wen      6-0
  •  
  • Gr 6       A             Verloor 1 – 2
  •  
  • Gr 7       A             Wen      2 – 1

Seuns

  • Gr 1       A             Wen      4/0
  • Gr 1       B             Wen      5/0
  • Gr 1       C             Wen      3/0
  •  
  • Gr 2       A             Verloor 2-5
  • Gr 2       B             Wen      5-0
  • Gr 2       C             Wen      2-1
  •  
  • Gr 3       A             Verloor 6 -1
  • Gr 3       B             Gelyk    1-1
  • Gr 3       C             Verloor 3 – 0
  •  
  • Gr 4       A             Wen      5-0
  • Gr 4       B             Wen      8-1
  •  
  • Gr 5       A             Gelyk    0-0
  • Gr 5       B             Verloor 1-0
  •  
  • Gr 6       A             Wen      1-0
  • Gr 6       B             Wen      4-1
  •  
  • Gr 7       A             Verloor 3-1
Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit