Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

3 September 2021

Gedagte vir die week: Ps 31:25

Wees sterk en hou moed, julle almal wat julle hoop op die Here vestig.

 

Buitemuurs

Die buitemuurs sal weer vanaf Maandag begin.  Die rooster is op Telegram.

Assessering

Assessering begin 20 Sept.  Die rooster is op Telegram.

Enkelfoto's

Die foto’s word Dinsdag 7 September geneem – Formele somersdrag of skoolsweetpak indien die kind nie formele somersdrag het nie.

Redenaars

Gr 4-7 Redenaars is die 9 September en sal digitaal plaasvind – die betrokke leerders het reeds briewe ontvang.

PossieTV

Hierdie week kyk ons vinnig terug op die eerste 8 episodes van PossiePassie. Gaan kyk gerus ook na al die ander oulike video’s wat in die “Other” kategorie is.

Skaak

Willem Postma se Skaaktoernooi gaan plaasvind op Vrydag 17 September 2021. Alle spelers vanaf Gr 1 – Gr 7 kan hieraan deelneem.
Die toernooi sal 14:00 tot ongeveer 16:00 plaasvind in die skool se Lapa. Gr. 1 – 3 leerders moet asb. 13:30 aanmeld vir ‘n reëlbespreking. Gr. 4 -7 kan 13:45 aanmeld.

Alle skaakspelers wat daaraan wil deelneem, moet die aanlyn vorm invul voor of op 13 September 2021 om 12:00. https://forms.gle/RUgqSQCeDPBd8WiEA Neem asb kennis dat die vorige inskrywings verval het. ALMAL moet weer inskryf. GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD.

Daar sal ‘n Junior (Graad 1-3) en Senior (Graad 4-7) afdeling wees. Spelers mag slegs onder een van die afdelings deelneem.

• Geen inskrywingsgelde nie
• Skoolsweetpak of somerskooldrag met ‘n masker!!!!
• Bring iets te ete saam asook iets om te drink.

Rosyne / Vuuraanstekers

Daar is weer ‘n prys van R200 vir die kind wat die meeste rosyne verkoop volgende week. Daar is ook R200 vir die meeste vuuraanstekers wat verkoop word. Beide hierdie pryse sal op 10 Sept bekend gemaak word.

Covid

Aangesien ons weer met buitemuurs kan begin en die seisoen verander – hou asb siek kinders by die huis.  Indien iemand in die huis siek is of gaan toets – hou die kind by die huis en laat weet die skool.

Willem Postma gaan groen

BAIE dankie aan DIY en Checkers wat dit vir ons moontlik maak om te herwin met pragtige nuwe asblikke. Verduidelik asseblief vir jou kind wat herwinning behels – klasonderwysers sal ook verduidelik.

Lief en Leed

Simpatie

Innige meegevoel aan die volgende gesinne wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

 

  • Franciska Becker – Oupa
  • Trizelda van Vreden – Oupa
Projekte

Golfdag

Ondersteun asseblief ons Gholfdag deur in te skryf of te help met pryse! Kontak gerus vir Benita.     Gholfdag inskrywings- en borgvorm: https://forms.gle/he8CYdJKzEz1JR8r9

Netbalbane

Help ons om die netbalbaan oor te doen. Kry ‘n 3 jaar advertensiebord kontrak teen slegs R20 000.

Kontak gerus vir Benita: 076 059 1000/ bemarking@wpps.co.za indien u belangstel. Net 6 spasies beskikbaar. Spring gou!

Dra by sonder om geld te gee

  • Gooi jou strokies in die houers by Pick n Pay Preller en Spar Preller – die skool kry dan geld terug vir elke transaksie wat gemaak word!
  • MySchool: Kom ons probeer volgende maand hierdie getal hoër maak – al wat jy hoef te doen is laai die MySchool toepassing af en “link” jou Woolworths en DIY kaart!

Knip-vir-CANSA

Enige haarsalon kan gebruik word. Geen betaling hoef aan die skool gemaak te word nie – laat sny eenvoudig net jou poniestert af, sit dit in ‘n geseëlde plastieksakkie met jou naam, van, selfoonnommer en epos adres op. 12 November gaan CANSA vir ons kom kuier en dan kan almal hul hare laat verf teen ‘n fooitjie.

Vuuraanstekers / Rosyne

Tesame met die rosyne sal daar nou ook vuuraanstekers beskikbaar wees. 4 Individueel verpakte aanstekers in ‘n pakkie vir R20.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

VOTE FOR US as the best Home Security Company

SecuriForce has been protecting you, your families, belongings, and neighbourhoods for the past 19 YEARS.

Vote for us in the Best of Bloem Competition by visiting the link down below

https://www.bloemfonteincourant.co.za/best-of-bloemfontein/services/

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit