4 Februarie 2022

Gedagte vir die week: Ps 16:8

Ek het die Here altyd by my:  omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

 

Covid regulasies

Alhoewel die President sekere verslappings aangekondig het, wag ons nog vir die direktief van die Minister van Basiese Onderwys.   Alle huidige maatreëls is dus nog van toepassing.

Beheerliggaam aangeleenthede

Ons voorsitter, Adv Stephen Rautenbach, het na jarelange diens die tuig neergelê.  Graag bedank ons hom vir sy onbaatsigtige diens oor die jare.  Mev Stefanie J van Rensburg is gisteraand as voorsitter verkies en Mnr Bernard Haasbroek as ondervoorsitter.  Die beheerliggaam het eenparig Adv Willem van Aswegen gekoöpteer vir die portefeulje Regsake.

Parkering

Ons vra asb die ouers se samewerking tydens die op- en aflaai van die kinders.  Die veiligheid van ons kinders is vir ons baie belangrik.  Wees asb geduldig en respekteer die verkeersreëls.  Maak asb seker dat u so parkeer dat die kinders steeds veilig voor u motor op die sypaadjie kan verbyloop en nie nodig het om in die straat te loop nie.

Buitemuurs

Nautilus

Lees die brief oor Nautilus wiskunde hier, en leerders wat belangstel kan juf Lee-Ann kontak.

Netbal

Alle netbal begin volgende Woensdag 9 Feb.  Kyk op die buitemuurse rooster na ouderdom en tydgleuf.

ATLETE IN WP-SPAN MOET ATLETIEK OEFEN.

Rugby o/11 & o/13

Oefening slegs vir o/11 & o/13

Maandag 16:30 – 17:30

Woensdag 16:00 – 17:00

Skaak

Willem Postma se Skaaktoernooi gaan plaasvind op Vrydag 11 Februarie 2022. Alle spelers vanaf Gr 1 – Gr 7 kan hieraan deelneem wat reeds skaak kan speel.  

Die toernooi sal 14:00 tot  ongeveer 16:00 plaasvind in die skoolsaal.   

Gr. 1 – 3 leerders moet asb. 13:30 aanmeld vir ‘n reëlbespreking. Gr. 4 -7 kan 13:45 aanmeld.

Alle skaakspelers wat daaraan wil deelneem, moet die aanlyn vorm invul voor of op 8 Februarie 2022 om 12:00.  https://forms.gle/RUgqSQCeDPBd8WiEA  GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD.

Daar sal ‘n Graad 1, Junior (Graad 2 en 3) en Senior (Graad 4-7) afdeling wees. Spelers mag slegs onder een van die afdelings deelneem.

  • Geen inskrywingsgelde nie
  • Somerskooldrag of skoolsportdrag met ‘n masker!!!!
  • Bring iets te ete saam asook iets om te drink.

Tennis

Die tennis inskrywings op googlevorm het gesluit.
Daar sal Maandag 7 Februarie lyste by Juf. Lee-Ann se klas opgesit word. Die plek en tyd van oefening sal aangedui word.
Die tennis oefengroepe vir gr 4-7 leerders sal die 8ste Februarie begin. “Rankings” sal tot tot 3 Februarie gespeel word.
Daar sal n tennis vergadering, 9 Februarie ,om 18:30 in die skoolsaal wees, vir die ouers wie se kinders liga gaan speel.

Ons kort hulp met afrigting by beginner tennis agv Massa deelname.
Dinsdae 13:45-14:30 vanaf 8 Feb
As iemand kan help kontak Lee-Ann 0733920011

Hokkie Akademie

Hokkie Akademie vind elke Vrydag plaas. Ons is baie opgewonde om ‘n nuwe afrigter vir die gr 4-7 te verwelkom.
Belangstellendes kan juf Hetta kontak.

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 10 Feb – Juf Irene

Simpatie

Ons innige simpatie aan die volgende leerders en personeel wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

  • Lienka Luyt – Boetie
  • Lihan Botes – Oupa
  • Tannie Marie – Pa
Uitslae van die week se sport

Krieket

  • WP o/13 B klop tjokkies met 8 paaltjies
Projekte

Valentynsdag

Kom koop ‘n geskenk vir jou Valentyn tydens pouse van Dinsdag 8 Feb tot Vrydag 11 Feb. Pryse wissel van R5 tot R60.

Op Valentynsdag, Maandag 14 Feb, kan Possies @ R5 gewone klere aantrek.

En bestel vir jou Valentyn (of jouself) ‘n pizza op Karri voor Vrydag 11 Februarie.

Valentynspiekniek Gr 7

Koop jou kaartjie voor Vrydag 11 Februarie op Karri.

Let op dat Gr 7’s 2 verskillende betalings op Karri het – een vir die aand se piekniek en een vir pouse se pizza.

Vuuraanstekers

Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit