Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.
Die assessering begin Maandag 7 Maart – sien asb toe dat u kinders goed voorberei.
Die werksafbakenings is reeds uitgedeel, maar is steeds op telegram beskikbaar
Wit haarrekkies is wel aanvaarbaar. Dogters kan dus wit of rooi haarrekkies dra, maar nie blou nie.
Baie dankie aan die Ma’s wat Omgee wat vir ons dogters en seuns ‘n bidgeleentheid aangebied het. Ons waardeer jul harte vir ons kinders.
Die Department van Gesondheid het geen pille beskikbaar nie. Ouers kan dus asb self hul kinders ontwurm.
Die Departement van Gesondheid kom Maandag 7 Maart om die inspuitings toe te dien. Slegs dogters met toestemmingsbriewe sal gespuit word.
Graad 1 inskrywings vir 2023 sal Dinsdag 8 Maart in die lapa plaasvind vanaf 8:00-12:00.
Willem Postma Preprimer se leerders is reeds ingeskryf en hoef nie Dinsdag hierheen te kom nie.
Dankie aan Carli en haar span mammas wat by die aandliga gehelp het. Dit was lekker om weer almal bymekaar te kon hê.
Die sluitingsdatum vir Possiemark is Maandag, 07 Maart om 17h00.
Alle gelde moet teen Dinsdag, 08 Maart betaal wees by Juffou Alida.
Koste is R30 per leerder per stalletjie. Maksimum van 4 leerders in ‘n groep.
Slegs Grondslagfase leerders (Gr1 tot Gr3) mag Vrydag, 11 Maart, met gewone klere skool toe kom.
Ouers is welkom.
Covid Protokol moet nog steeds gevolg word.
Program – Vrydag: 11 Maart 2022
09:15 – Checkers-hek en Zola Budd-hek word oopgesluit.
09:20 – Opmaak van stalletjies.
10:00 – Beoordeling van stalletjies vind plaas.
10:30 – Verkope begin vir Grondslagfase leerders.
11:15 – Verkope begin vir Senior Primêre Fase.
12:00 – Verkope eindig.
12:10 – Opruiming
Sterkte vir die o/12 SFS Proewe wat vandag en môre plaasvind.
SLEGS DIE 0/11 EN 0/13 TOERGROEPE OEFEN DIE WEEK.
Maandag en Woensdag: 14:00-15:30
GEEN OEFENING VIR GR.1’s en 0/9’s TYDENS ASSESSERING NIE.
Daar is 15 Maart om 18:00 ń vergadering aangaande die netbaltoer in die lapa.
Daar sal tennis oefening wees Dinsdag by die skool:
Beginners: 13:45 -14:30 – Juf Jarine
Gevorderde: 14:30-15:30 – Mnr Sakkie
Stadion oefening gaan voort vir seniors en 0/11 vanaf 14:30-15:30
As jy nie weet waar jy moet oefen nie gaan kyk by Juf.LeeAnn se klaskamer 115A.
Ons hou die reën dop vir die nuwe tennisbane by die skool.
Tennissleutels is beskikbaar by Juf. Leeann teen R100.
Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:
Dit is met groot hartseer dat ons vanoggend verneem het dat Selinah, een van ons skoonmakers, onverwags oorlede is.
Philip le Roux is ingesluit in die Vrystaat swemspan vir 12 – 18 jaar. Hy gaan aan die einde van die maand aan die SA’s deelneem en ons wens hom alle sterkte toe.
Possies het deelgeneem aan die Suid-Vystaat Kampioenskap en baie goed gevaar. Die volgende atlete het plekke behaal:
Baie geluk aan hierdie atlete en elke Possie wat sy/haar bes gedoen het. Ons is baie trots op julle! Die span wat aan die SA’s gaan deelneem sal binnekort bekend gemaak word.
Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.
Kyk gerus hier na die hoogtepunte van ons virtuele fietstrap na Windhoek.