Gaan na ons webwerf vir alles en nog wat.

5 November 2021

Gedagte vir die week: Nahum 1:7

Die Here is goed, Hy is ‘n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.

Prysuitdeling: Gr 4 & 5

Gr 4 & 5  se prysuitdeling sal virtueel plaasvind op Woensdag 10 November 2021 om 9:00.  Leerders moet asb met formele somersdrag kom. Die funksie sal lewendig uitgesaai word by www.possietv.co.za. Video sal later op PossieTV beskikbaar wees.

Prysuitdeling: Gr 6 & 7

Dit is ‘n heerlike voorreg om ons Gr 6 & 7 ouers uit te nooi na die Gr 6 & 7 prysuitdeling op Woensdag 10 November 2021 om 17:00  op die rugbyveld.  Leerders moet asb met formele somersdrag kom.  Die funksie sal ook lewendig uitgesaai word by www.possietv.co.za. Video sal later op PossieTV beskikbaar wees.

Eksamenrooster

Die eksamenrooster is op Telegram.  Die werksafbakening sal volgende Vrydag uitgaan.

Tennis

Mangaung Metro Tennis Proewe

0/10 (2012-2013) en 0/12 (2010-2011) inskrywings moet by Juf. LeeAnn gedoen word voor 18 Nov 2021.

Inskrywimgs fooi: R200 kontant

Hoogspring

Geen hoogspring oefening woensdag die 10de Nov vir gr 3.  Juf Leeann het ‘n vergadering. 

Graad 7's

Wydingsdiens - 7 Nov

Al ons graad 7-leerders en hul ouers word uitgenooi na ‘n spesiale wydingsdiens in Berg-en-Dal kerk op 7 November om 18:00.

Afsluiting - 16 Nov

Graad 7 Afsluiting Maselspoort 16 November 2021  – more detail will follow

Seremonie - 1 Des

Tyd: 10:00   Plek: Promenade

Drag: Formele somersdrag aan. 

SLEGS 2 gaste per leerder word toegelaat om die geleentheid by te woon.  Die geleentheid sal ook op PossieTV uitgesaai word. 

Kerspakkies

Ons hou ń jaarlikse insameling van nie-bederfbare produkte om dankie te sê vir ons werkers wat so mooi na ons skool en ons kinders omsien.  Baie dankie vir die ouers wat reeds produkte gestuur het. Dis tyd om stil te staan en dankie te sê.

Possie Pretdag op 12 November

Knip-vir-CANSA
Ons oorhandig al die poniesterte wat ingesamel is aan CANSA, en Possies kry die kans om vir Toktokkie te ontmoet. Kom verf jou hare @ R20 ten bate van CANSA.

Vrolike Vlaggies
Die rugbyveld verander in ‘n gholfsetperk, en die personeel se gholf-vernuf (of brouwerk) kan vir die Possies pryse in die sak bring! As daardie bal die naaste aan jou vlaggie gaan lê, kan jy vir jou ‘n prys van die tafel af kom kies. En hoe meer vlaggies jy op die veld het, hoe groter is jou kans!
Help ons om die prysetafel vol te maak deur ‘n prys te skenk waarvan jou kind sal hou en stuur dit solank skool toe in Oktober (sien prys-idees aangeheg). Pryse wat geskenk word sal toepaslik vir elke ouderdomsgroep toegeken word en elke graad sal ‘n gelyke aantal pryse kan wen.
Vlaggies te koop by jou onderwyser @ R10 vanaf 12 Oktober.
Possie Padkafee
Bestel solank vir jou kind ‘n burger en chips @ R50, of sommer ‘n paar dat jy ook nie hoef te kook nie! En geen Pretdag sal pret wees sonder soetgoed en koeldrank nie. Alles beskikbaar by ons Padkafee.
Dankie aan elke ouer wat ‘n verskil maak in Possieland.

Possies kan spel

Almal weet hoe slim ons Possies is, en spelwoorde is kinderspeletjies! Maak jou borgvorm propvol met mense wat wéét jy kan, leer jou spelwoorde en kom wys jou staal in die toets! Daar is ‘n prys op die spel vir die Possie met die grootste borgskap.
Mnr. en Mej. Possie
Ons kan nie nou die aap uit die mou laat nie, maar die gr.7s kan solank hul beste vere afstof!

SP Possiemark: Dankie!

Baie dankie aan elkeen wat ons entrepreneurs by die Possiemark ondersteun het.  Dit was ‘n baie lekker dag met oulike produkte en oorspronklike idees.  Wenners van verskillende kategorieë sal volgende week aangekondig word.

Baie dankie aan ons borge wat die pryse geskenk het:      

  • Mooikamer
  • Spoil basket
  • Bob’s Peanut Butter Shack
  • The Feather Gift Box
  • Alta Fraai Creations

Voortrekkers

Die Gr 1-6 voortrekkers sal Dinsdag in voortrekker-tyd hul sertifikate ontvang.  Vories moet asb 15:30 hier wees en nie laat kom nie.  

Lief en Leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 7 Nov – Juf Leandré
Projekte

Carols with the Stars

Die program vir die die eerste helfte van die aand is saamgestel uit populêre liedjies en daarna word die publiek uitgenooi om al die bekende kersliedere saam te sing.


Gratis kaartjies beskikbaar by: https://www.quicket.co.za/…/156470-carols-with-the…/…
of by Pick’n Pay Preller Walk se kassiere vanaf volgende week

Knip-vir-CANSA

Enige haarsalon kan gebruik word en geen betaling hoef gemaak te word nie – laat sny eenvoudig net jou poniestert af, sit dit in ‘n geseëlde plastieksakkie met jou naam, van, selfoonnommer en epos adres op. 12 November gaan CANSA vir ons kom kuier en dan kan almal hul hare laat verf teen ‘n fooitjie.

Vuuraanstekers & Rosyne

Tesame met die rosyne sal daar nou ook vuuraanstekers beskikbaar wees. 4 Individueel verpakte aanstekers in ‘n pakkie vir R20.

Preprimêr deurrymark

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Volg die skakel om in te skryf.

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit