3 Junie 2022

Gedagte vir die week: Jos 1:9

Moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

algemeen

Eksamentye

Woensdag 8 Junie – 7:30 tot 12:00

Vanaf Donderdag 9 Junie – 8:00 tot 12:00

Vanaf Woensdag 8 Junie kan die leerders met skoolsweetpakke of skooldrag skool toe kom.

Kyk asb dat die leerders gesond bly en deeglik voorberei.  Werksafbakening en eksamenrooster is op Telegram en hier op die webtuiste.

Bybelvasvrae

Datum: 23 Junie  (In skooltyd – nadat Eksamen afgehandel is)

  • Elke span gebruik sy eie selfoon.  (Daar moet data op die sel wees om in die program wat ons gebruik in te gaan.)
  • Daar mag 1-3 lede in ‘n span wees (Graad 4-7).  Gee jouself of jou span ‘n naam (wees kreatief). Net een speler in die span gebruik sy selfoon om die vrae te antwoord, MAAR almal in die span mag help en saamwerk.
  • Daar is 4 afdelings met 5 vrae elk.  Elke afdeling gaan uit ‘n sekere tipe vraag bestaan, bv keusevrae, waar of vals, invul, ens.  
  • Al die vrae gaan uit die boek Genesis kom.  

Jul kan jul Bybels of die “BibleApp” gebruik om antwoorde te soek maar ONTHOU  die vrae moet in ‘n gegewe tyd beantwoord word EN die span wat die vinnigste antwoord, kry die meeste punte.

  • Na elke afdeling word ‘n wenner aangewys wat die afdeling gewen het.

Begin lees en skryf in….dit gaan groot pret wees !!!

DIE DOEL VAN DIE BYBELVASVRA IS OM LEERDERS TE MOTIVEER OM HUL BYBEL TE LEES, DIT TE GENIET EN UIT TE SIEN NA DIE VOLGENDE BYBELVASVRA!

Vir enige navrae kontak Juf. Lauraine. (Sel: 072 284 2115)

NB!!!  Vul die Inskrywingsvorm in voor of op 18 Junie 2022.

Bybelvasvra Inskrywingsvorm (Link)

https://surveyheart.com/form/6281552374c1c748d809e259

Vadersdagverkope

Vadersdagverkope sal plaasvind van 13-15 Junie gedurende pouse.  Stuur gerus ‘n geldjie vir ‘n geskenkie.

CHEETAHS VS. BLOU BULLE Saterdag 11 Junie 2022 @ 14:30

Koop jou kaartjie by jou klasonderwyser. R20 – kinders R50 – volwassenes
Kinders moet asseblief met toesig gaan. Ons gaan as skool bymekaar sit. Kaartjies word Vrydag uitgedeel.

Buitemuurs

Buitemuurse rooster

Buitemuurse rooster stop behalwe as dit deur afrigter gereël word.

Landloop

Sterkte aan al die landloop-leerders wat die naweek deelneem.

Laaities en Ladies

Ouers moet onthou om so gou as moontlik die gemerkte “memory stick” te stuur.
Koor oefen het gestaak vir die 2e kwartaal.

Hokkie

‘n Gratis hokkiekliniek word deur Pocket Rocket by die skool aangebied.  Die kliniek fokus op vaardigheidsontwikkeling ter voorbereiding vir die hokkieseisoen. 

Gr. 1 – 3:

  • Woensdag 8 Junie, 12:00 – 13:00
  • Maandag 13 Junie, 12:00 – 13:00
  • Woensdag 15 Junie, 12:00 – 13:00

Gr. 4 – 6:

  • Donderdag 9 Junie, 12:00 – 13:00
  • Dinsdag 14 Junie, 12:00 – 13:00

Gr. 7 by Sentraal se Astro: 

  • Woensdag 8 Junie, 12:15 – 13:30
  • Donderdag 9 Junie, 12:15 – 13:30
  • Maandag 13 Junie, 12:15 – 13:30

Die skool het ‘n beperkte aantal hokkiestokke vir leerders wat nog nie stokke het nie.

Rugby

ALGEMEEN:
Ons het aan die einde van die 2022 seisoen gekom en het baie goeie uitslae behaal.

Baie geluk aan die 0/9 B-span wat die jaar onoorwonne kon afsluit na nog ñ goeie wen teen JF.

Baie dankie vir almal se ondersteuning deur die hele seisoen, dit word opreg waardeer en ons sien baie uit na volgende jaar.

VRYSTAAT:
Sterkte aan die 18 seuns wat weer die naweek vir die onderskeie 0/12 en 0/13 Vrystaat spanne speel.

Pres Steynsportdag

Al die leerders wat Saterdag daar deelneem het briefies ontvang.  Sterkte en lekker speel.

Netbal

1. Sien ons laaste uitslae teen Onze Rust
2. 0ns 0/10 – 0/13 dogters neem Sa 4 Junie aan ‘n toernooi deel by Pres. Steyn. Baie sterkte.
3. Ons netbal is dan afgehandel vir 2022.
4. Daar is wel spanne wat dalk aan die uitspeelwedstryde op 10 Junie gaan deelneem. Ons sal daardie inligting nog deurgee

Dankie vir die seisoen

Die rugby- en netbalseisoen het nou ten einde geloop.  Dankie vir al die afrigters, spelers, ouers en borge vir julle ondersteuning.  Al ons spanne het uitstekend gevaar.

lief en leed

Verjaardae

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:

  • 6 Junie – Tannie Marie
  • 8 Junie – Mnr Nico
  • 10 Junie – Juf Jarine
Uitslae van die week se sport

Netbal @ Onze Rust

o/10 A wen 18-2

0/10 B wen19-3

0/10 C wen 16-2

 

0/11 A wen 16-15

0/11 B wen 7-6

o/11 C wen 15-0

 

o/12 A verloor 21 -9

o/12 B wen      19 -7

o/12 C verloor 22 – 7

 

o/13 A 23-9 wen

o/13 B 17-6 wen

o/13 C 4-18 verloor

Rugby @ Brandwag


0/7 A verloor 0-1

0/9 A wen 54 – 0

0/11 A wen 45 – 5

0/13 A wen 43 – 12

Rugby @ Sand du Plessis A

0/7 A verloor 0-1

0/9 A wen 54 – 0

0/11 A wen 45 – 5

0/13 A wen 43 – 12

Rugby @ Jim Fouché

0/7 A Gelyk 2 – 2
0/7 B Gelyk 5 – 5

0/9 B wen 56 – 0
0/9 A wen 54 – 0

0/11 B wen 20 – 7
0/11 A wen 31 – 10

0/13 B wen 54 – 0
0/13 A wen 55 – 0

Baie geluk aan die seuns en afrigters met die puik uitslae!

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit