Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Onthou asb steeds jou kind se masker. Sit ook ‘n ekstra een in die tas. Die skool het nie meer maskers om uit te deel nie.
Covid begin weer kop uitsteek, so asb as jou kind siek is – hou hom by die huis. Laat weet die skool as daar ‘n probleem is.
Regulasies:
Ouers moet asb steeds nie langs die bane sit tydens oefeninge nie – gee asb die afrigters geleentheid om met die kinders te werk.
Daar is ‘n klomp ou dubbel skoolbankies wat vir R700 te koop is. Kontak gerus vir Marie Pieterse by die kantoor indien u belangstel.
Die volgende redenaars dring deur na die halfeindrondte van die ATKV REDENAARS wat op 20 en 21 Mei in Kroonstad plaasvind.
Johan Mong Gr 4 en Savanah Olivier Gr 7.
Baie geluk. Ons is baie trots op julle!
Daar sal Woensdag 11 Mei geen mini-tennis oefening wees nie agv netbal ligawedstryde.
Dinsdag 10 Mei oefen die senior spelers en 0/11’s by die stadion om 14:30 – 15:30.
Die Beginner tennisspelers oefen by die skool van 13:45 tot 14:30.
Gevorderde tennisspelers oefen by skool van 14:30-15:30.
Gaan kyk asb by juf. Lee-Ann se klaskamer om te weet waar jy Dinsdag oefen.
Hiermee word alle Gr. 4 tot Gr.12 leerders wat van Wiskunde hou uitgenooi na die 2de Nautilus kamp!!
2de Kamp – 14 Mei 3de Kamp – 20 Augustus 4de Kamp – 22 Oktober
Vir meer inligting kontak Lee-Ann : 0733920011
OEFENING:
Oefeninge gaan volgende week mormaal voort volgens die rooster, Maandag en Woensdag.
LIGA:
Ons speel volgende week 12 Mei liga teen Pres. Brand BY pres. Brand.
Spanne sal gefinaliseer word by Maandag se oefening.
ALGEMEEN:
Ons vra dat u as ouer asb. die spelers, afrigters en skeidsregters sal respekteer. Ons (spelers, afrigters en ondersteuners) se gedrag op en van die veld af moet te alle tye so wees dat ons skool se waardes gesien kan word.
Vir enige navrae rondom die rugby, kontak gerus u seun se afrigter.
Landloopliga is volgende Vrydag. Betrokke leerders het inligting ontvang.
Sterkte aan die 10x mini-netbalspanne wat Vry 6 Mei aan Onze Rust se netbaltoernooi gaan deelneem.
WP speel Wo 11 Mei teen Laerskool Bloemfontein se A en B-spanne. Die wedstryd vind by Bfn Laer plaas. Sien program.
Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar:
0/7 C wen 5-3 0/7 C
0/9 C wen 35-5 0/9 C
0/11 C wen 36-0 0/11 C
0/7 A WEN 2-0
0/7 B WEN 5-1
0/9 A WEN 35-12
0/9 B WEN 38-7
0/11 A wen 17-5
0/11 B WEN 51-0
0/13 B WEN 41-7
0/13 A WEN 57-15
Baie geluk aan al die spelers en afrigters met die puik uitslae!
Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.