Ek sal na julle omsien en vir julle sorg
Willem Postma bied hierdie jaar ‘n musiekblyspel aan met die titel “Sirkus!”
Die kostes vir die kostuums sal deur die ouers bygedra moet word en beloop R280 per leerder. Dit kan op Karri afbetaal word oor die volgende vyf maande.
Moet asb nie die Karri betaling net “dissmiss” nie – laat weet asb die registerpersoneel indien u nie met Karri wil betaal nie. Dit is veilig en maklik – probeer dit net.
Geseënde paasnaweek vir u en u gesin. Indien u op die pad is, wees veilig.
Die rede waarom ons saammet Sentraal besluit het om die 2 dae om te ruil, is om akademiese tyd te beskerm. Sentraal se Wilde Klawer sportnaweek begin die Vrydag reeds en as hulle leerders nie dan skool toe gaan nie, gaan dit ook ‘n impak op ons hê omdat baie leerders ouer boeties/sussie daar het. Ons wil nie graag 2 dae se akademie verloor nie.
Ons het dus 27 April skool en is 29 April gesluit
Dit was heerlik om die week in die Tralietrommel in te stap en te sien dat hul bykans al ons skoolklere in voorraad het. Daar is nog enkele probleme met truie vir die kleiner kinders, maar gaan kyk gerus vir sweetpakke, uitmou-truie, sportdrag en winters-langbroeke vir die dogters. Wintersrokke is daar op die oomblik vir die groter kinders, binne die volgende paar weke sal daar ook voorraad van die kleiner rokkies wees.
Die Tralietrommel is weeksdae van 11:00 tot 14:00 oop en kan deur Sentraal se sporthek langs Preller Plein bereik word.
Opgedateerde kwartaalprogram se skakel is op Telegram. Dit neem jou na die webtuiste onder huidige ouers waar die kalender onmiddellik opdateer sodra iets verander.
Neem kennis dat as liga wedstryde plaasvind daar geen oefeninge vir die res van die spelers is nie.
0/12 en 0/13 Motheo netbalproewe
Wo 20 April en Vry 22 April( finaal)
Dogters sal briewe ontvang
Netbaltoernooi van 9 April wat uitgereën het, word op Sa 23 April weer gespeel. Nuwe programme sal volg.
Oefening Woensdag soos op rooster.
Liga:
Donderdag 21 April teen St. Andrews by WPPS.
Spanne wat speel sal nog gekommunikeer word.
VS-Proewe:
Die 0/12 en 0/13 Vrystaat proewe vind Dinsdag vanaf 14:00 hier op ons velde plaas. Sterkte aan die spelers wat gaan deelneem.
Rugbydae:
Die rugbydae wat weens die reën nie Saterdag 9 April kon plaasvind nie, is uitgestel na 23 April 2022. Die spelers wat deelneem sal briewe ontvang sodra spanne gefinaliseer is.
Hiermee word alle Gr. 4 tot Gr.12 leerders wat van Wiskunde hou uitgenooi na die 2de Nautilis kamp!!
NAUTILUS DATUMS VIR 2022:
2de Kamp – 14 Mei
3de Kamp – 20 Augustus 4de Kamp – 22 Oktober
· Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 06 Mei om 12:00.
Geen laat inskrywings kan toegelaat word nie!
· Inskrywings kan per e-pos gedoen word.
· Die koste beloop R200 per leerder en sluit ’n versnapering en ligte middagete in.
· Die Nautilus word by Fichardtpark P/S aangebied.
· Inskrywings word nie aanvaar sonder ’n kopie van die betalingsbewys nie!!! Stuur na Juf. Lee-Ann
· Geen gelde kan terugbetaal word vir kansellasies na Maandag 9 Mei nie.
· Die naam van die skool, sowel as leerder se graad moet asseblief duidelik leesbaar in die verwysingsblokkie van bankdepositostrokies verskyn. Verkieslik in drukskrif of getik!!
· Bring eie skryfbehoeftes en sakrekenaars saam. Kleredrag is gemaklik. GEEN MASKER GEEN TOEGANG!
· Slegs leerders word op die skoolterrein toegelaat.
· Daar is ’n snoepie beskikbaar tydens pouses.(verkies die gebruik van kaarte)
· Die program begin om 08:30.
· Junior (Gr 4 – 7) eindig om 15:45 en die senior (Gr 8 – 12 ) om 16:00.
Vir meer inligting kontak Lee-Ann : 0733920011
Die Junior span is nou klaar met die liga. Die Novice en Senior spanne speel Dinsdag 19 April hul laaste liga wedstryd. Baie sterkte, gee altyd net jou beste.
Tennis gr 4-7
Dinsdag 19 April oefen die senior spelers en 0/11 toerspan by die stadion om 14:30 – 15:30.
Die Beginner tennisspelers oefen by die skool van 13:45 tot 14:30.
Gevorderde tennisspelers 0/11 tot 0/13 oefen by skool van 14:30-15:30.
Gaan kyk asb by juf. Lee-Ann se klaskamer om te weet waar jy Dinsdag oefen.
Skaakmat is nie vir ons Possies nie.
Die week se uitslae – Novice wen, Junior verloor en Senior A en B wen. Baie geluk julle
Rugby uitslae teen Onze Rust:
Gr.1 2-2 gelykop.
0/9B wen 57 – 7
0/9 A wen 50 – 0
0/11 B wen 20 – 0
0/ 11 A wen 25- 5
0/13 B wen 36 – 5
0/13 A wen 49 – 0
Baie geluk met die goeie uitslae
Uitslae teen Universitas:
0/10 A wen 5 – 3
0/10 B verloor 8- 1
0/10 C wen 17 – 0
0/10 D verloor 0 – 12
0/11 a wen 12-6
0/11b wen 9-2
Possie atlete presteer op SA kampioenskappe in Potchefstroom 24 – 26 Maart 2022
D 0/ 10
Marg-Ghite Hugo Hoogspring 7de
Verspring 13de
Lindi-Mé Badenhorst Aflos 3de
80m + 100m Semi finaal
Ané Pienaar Gewigstoot 15de
D0/12
Lilly Burger 75mHekkies 8ste
Aflos 3de
D0/13
Rone Strydom Aflos 5de
75mHekkies 8ste
Mienka de Kock 200m Semi finaal
S0/12
Ettienne Moller Verspring 5de
Ons as Possies vat hande met Street Store om klere in te samel vir mense in ons stad wat minder bevoorreg is.
Gaan pak hierdie vakansie jou kas reg en bring al jou klere en skoene wat nie meer pas nie. Klere kan tot 29 April skool toe gebring word.
Kontak juf Mia Prinsloo vir meer inligting: 071 351 4082
Dit is weer tyd vir ‘n Herfsplantdag by Willem Postma. Alle Gr.1-3 leerders sal op Woensdag, 27 April 2022 die geleentheid kry om plantjies skool toe te bring en self te plant gedurende skooltyd. Ma’s, pa’s, oumas en oupas is ook baie welkom om te kom help plant.
Gr.1-3 leerders mag op die dag met gewone klere skool toe kom – verkieslik ou klere, want dit kan morsig raak. Elkeen bring die oggend sy/haar plante en eie gemerkte grafie of lepel saam skool toe. Daar sal gewone skoolperiodes wees tot 11:30, waarna die leerders kans sal kry om hulle plantjies self te plant. Daarna sal hulle weer teruggaan na hul klasse en sal die skooldag soos normaal voortgaan. Ouers en grootouers wat wil deelneem, kan 11:15 by die klimrame voor die Gr.1 klasse aanmeld. Dit sal ongeveer 45 minute duur.
Leerders kan ‘n kissie saailinge (gesiggies, gousblomme, primulas, primroses, ens.) bring, asook vetplante (plakkies, spekbome, woestynrosies, ens.), meerjariges (agapanthus, wilde knoffel, ens.) of klein struike. Meerjariges of vetplante wat uit eie tuine gehaal is, is ook welkom.
Ons moedig die leerders aan om deel te neem – hulle geniet hierdie dag baie en help terselfdertyd om hul eie omgewing mooier te maak. Dit bly egter ‘n vrywillige projek en geen leerder sal gepenaliseer word indien hy/sy nie deelneem nie.
SIMPATIE
Ons innige simpatie met Dané Wasserman en haar gesin, wie se oupa oorlede is.
VERJAARDAE
Geluk aan die volgende personeel wat die week verjaar:
20 April – Juf Margaret