8 April 2022

Gedagte vir die week: Esegiël 36:9

Ek sal na julle omsien en vir julle sorg

algemeen

Musiekblyspel

Willem Postma bied hierdie jaar ‘n musiekblyspel aan met die titel “Sirkus!”

Dit sal op 13, 14 en 15 Oktober by die skool aangebied word.  Al die leerders in die skool gaan aan hierdie geleentheid deelneem en oefening sal in skooltyd plaasvind.  Daar sal oudisies gehou word vir die hoofrolle in die produksie.

Die kostes vir die kostuums sal deur die ouers bygedra moet word en beloop R280 per leerder.  Dit kan op Karri afbetaal word oor die volgende vyf maande.

Inligting i.v.m. kaartjies volg later.

Oueraand

Die leerders wie se ouers asb die onderwysers moet kom sien, het briewe ontvang. 

Donderdag 14 April: 12:00

Donderdag 14 April sal die skool om 12:00 verdaag vir die langnaweek.

27 April

Op 27 April, Vryheidsdag, gaan ons skool en die skool is dan op 29 April gesluit.

Verkeer

Ons vra weer in die begin van die kwartaal dat almal asb verdraagsaam sal wees in die verkeer.  Moet asb nie lewens in gevaar stel nie.

Tralietrommel

Dit was heerlik om die week in die Tralietrommel in te stap en te sien dat hul bykans al ons skoolklere in voorraad het.  Daar is nog enkele probleme met truie vir die kleiner kinders, maar gaan kyk gerus vir sweetpakke, uitmou-truie, sportdrag en winters-langbroeke vir die dogters.  Wintersrokke is daar op die oomblik vir die groter kinders, binne die volgende paar weke sal daar ook voorraad van die kleiner rokkies wees.

Die Tralietrommel is weeksdae van 11:00 tot 14:00 oop en kan deur Sentraal se sporthek langs Preller Plein bereik word.

Kwartaalprogram

Opgedateerde kwartaalprogram sal op Telegram gelaai word.  Gaan kyk ook op die webtuiste onder huidige ouers is ‘n kalender wat opdateer sodra iets verander.

Klere uitruil

Daar sal weer volgende week geleentheid wees om hier by die skool Tweedehandse klere uit te ruil.  Inligting sal volgende week op Telegram gedeel word.

Buitemuurs

Saterdag sportdag

Saterdag se sport regoor die stad is afgestel.  Dit sal waarskynlik op 23 April plaasvind.

Mini-tennis

Daar sal Woensdag 13 April geen mini-tennis oefening wees nie, agv die netbal en rugby ligawedstryde.

Rugby

Oefening Maandag soos op buitemuurse rooster.
Liga:
WPPS teen Onze Rust by OR.
0/7 A(Gr.1)
0/9A en B
0/11 A en B
0/13 A en B
Spanne word Maandag by oefeninge bekend gemaak.
Program sal ook dadelik gestuur word soos ons dit ontvang vanaf OR.

Landloop

Landloopseisoen begin hierdie kwartaal. Die oefeninge is Maandag-Donderdag 17:00-18:00 by H/S Sentraal.

Alle leerlinge wat die jaar wil landloop hardloop moet asb inskrywings en inligting vorms by Juf. Marné (Gr. 4A) gaan haal. Inskrywings, geboorte sertifikaat afsrifte en gelde moet nie later as Donderdag, 14 April, weer terug wees by haar.

Ons moedig soveel moontlik leerlinge aan om asb deel te neem.

Netbal

13 April:  Ligawedstryde teen Universitas op Willem Postma se bane.  Program sal volg.

14 April:  Geen oefening

Juniorkoor

Reëlings vir Sondag se optrede:

Venue: Heuwelsig NG Kerk in Dan Pienaar (Nie Heuwelkruin NG kerk in Heuwelsig nie).

Tyd: 07:45 voor die kerk.

Drag: Formele Somerskooldrag met ‘n baadjie en skoene.

Die diens begin 09:00 en sal ongeveer ‘n uur aanhou.

Ons oefen Donderdag- en Vrydagoggend 7.30 weer by die skool. Enige kinders wat nie die oefeninge kan bywoon nie sal ongelukkig nie Sondag kan deelneem aan die optrede nie.

Tennis Gr 4-7

Dinsdag 12 April begin tennis vir die senior- en gevorderde spelers by die stadion om 14:30 – 15:30.
Geen beginner tennis oefeninge nie a.g.v. tennisbane by skool wat nog nie reg is nie.

Swem

Baie geluk aan Phillip le Roux wat aan die SA’s deelgeneem het in Pretoria waar hy 4 medaljes ontvang het.  Hy is aangewys as die Junior Victor Ludorum van die byeenkoms.

Skaak

Die skaak het met die regte skuif begin en hulself uit skaakmat gehou. Die eerste liga rondte se uitslae:  Novice gelyk-op, Junior, Senior A en Senior B wen. Dankie vir al die spelers. Ons maak Dinsdag 12 April weer so.

Neem asb. kennis dat die liga vir A en B spanne slegs 3 rondtes is, dus maak die Junior span 12 April klaar, hul het ‘n los lootjie 19 April. Die Novice en Senior A en B sal 19 April klaar maak met die liga.

Daar is oefening vir al die skaakspelers wat nie aan die liga deelneem nie. Tye is op buitemuurse rooster. Sodra die liga klaar is kan almal weer by die oefening op ‘n Dinsdag inskakel.

Uitslae van die week se sport

Swem

  • Baie geluk aan Phillip le Roux wat aan die SA’s deelgeneem het in Pretoria waar hy 4 medaljes ontvang het.  Hy is aangewys as die Junior Victor Ludorum van die byeenkoms.

Tweekamp

18 van ons atlete het deelgeneem aan die SA’s gedurende die vakansie. Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die top 10 geëindig het:

Philip le Roux          5de (Seuns o/15)

Ané Pienaar            7de (Dogters o/11)

Annabel Meyer      9de (Dogters o/11)

Tydens die geleentheid was daar ook ‘n nasionale skolekompetisie waaronder 12 laerskole van verskillende provinsies om die trofee meegeding het.  10 van ons Possie-atlete het gesorg dat Willem Postma ‘n 2de plek behaal het op grond van hul individuele prestasies. Hierdie atlete is:

Neil Shaw

Liam Shaw

Dries van Tonder

Philip le Roux

Annabel Meyer

Ané Pienaar

Wilhandi Meyer

Michelle Pienaar

Ashleigh de Jager

Dani Grobler

Baie geluk, ons is regtig trots op hierdie mooi prestasies!

Projekte

Streetstore

Ons as Possies vat hande met Street Store om klere in te samel vir mense in ons stad wat minder bevoorreg is.

Gaan pak hierdie vakansie jou kas reg en bring al jou klere en skoene wat nie meer pas nie.  Klere kan tot 29 April skool toe gebring word.
Kontak juf Mia Prinsloo vir meer inligting:  071 351 4082

Bottels vol hoop

Vuuraanstekers

Vuuraanstekers te koop by die kantoor teen R20.

Borge

Ondersteun gerus ons borge van hierdie week:

Print Friendly, PDF & EmailDruk uit