Kleredrag
Alles wat jy nodig het om 'n possie te wees
"Welkom by Willem Postma Primêr. Ons dra ons kleredrag met respek en trots."
Verskaffers
U kan skool- en sportdrag aankoop by een van die volgende verskaffers.
Tralietrommel
Weeksdae van 12:00 - 14:00
Sentraal Hoërskool
Teerblad by sporthek
Willem Postma
Skoolbaadjies, buffs, pette,
graad 1-pennesakkies en -stoelsakkies
asook tweedehandse klere.
Tunika
Dan Pienaarrylaan 29
Dan Pienaar
051 444 0173
Voorkoms
Leerders moet voldoen aan die volgende reëls met betrekking tot fisiese voorkoms:
Leerders moet te alle tye netheid en ‘n skoon voorkoms handhaaf. In die besonder moet gesigte en hande skoon wees en vinger- en toonnaels kort geknip en skoon wees.
Skoolklere leer kinders die belangrikheid daarvan om hul skool met waardigheid te verteenwoordig.
Dogters
- Hare moet vasgemaak word sodra dit oor die kraag hang.
- Hare mag nie gekleur word nie.
- Kuiwe moet vasgemaak word wanneer dit lank en in die gesig of voor die oë hang.
- Oorkrabbetjies word tot die goud- en silwer knoppietipe of klein oorringetjies (deursnit 1 cm) sonder hangende variasies daarvan beperk.
- Slegs een krabbetjie per oor word toegelaat.
- Rokke moet die voorgestelde lengte wees, tussen 10 cm en 13 cm van die grond af as die dogter op haar knieë staan.
- Juwele mag nie gedra word nie, behalwe horlosies en die voorgeskrewe oorkrabbetjies.
- Slegs rooi, navy en wit linte, haarbolletjies en plastiese- of materiaalkopbande word toegelaat.
- Geen grimering mag skool toe gedra word nie. Dit sluit naelpolitoer en vals of gel-naels op vinger- of toonnaels in.
Seuns
- Hare moet kort en netjies gedra word. Geen gel word toegelaat nie.
- Hare mag nie gekleur word nie.
- Die gedeelte om die ore moet skoon geknip wees. Hare mag nie aan die ore raak wanneer die hare regaf gekam word nie.
- Wanneer die hare afgekam word, mag dit nie aan die wenkbroue raak nie.
- Wangbaard (sideburns) mag tot by die middel van die oor strek.
- Hare moet altyd reëlmatig opgesny word.
- Geen vreemde of modegier-haarstyle word toegelaat nie.
- Haarstyle wat onder uitgeskeer of -geknip word, oftewel “undercuts”, is verbode.
- Geen oorkrabbetjies of ander juwele mag gedra word nie behalwe horlosies.
Formele Somersdrag
Dogters
- Rooi-en-wit blokkiesrokke
- Rooi ski-pant
- Kort wit sokkies
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos)
- Skoolbaadjie
Seuns
- Grys kortbroek
- Wit hemp wat tot bo toeknoop
- Lang grys Willem Postma-skoolkouse
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos)
- Skoolbaadjie en rooi das
Dogters & SEUNS
Hierdie drag, met die skoolbaadjie, is verpligtend vir:
- Saalopeninge (elke Maandag) en eerste skooldag van elke kwartaal
- Kooroptredes, redenaars en kunswedstryde
- GF- en SP-prysuitdelings
- Diensgroepleiers, hoofleiers
- Amptelike skooluitstappies of waar ‘n leerder as ambassadeur vir die skool moet optree
- Ander – soos deur die kantoor aangekondig
Slegs pennings/balkies wat deur die skool toegeken is, mag aan die linkerlapel van die skoolbaadjie aangebring word, bv.:
- Vier hoofleiers, koorleier/leidster en mediasentrumleiers
- Redakteur en redaksiespan
- Voortrekkers se hoofspanleier/leidster
Tydens formele funksies moet beide die knope van die skoolbaadjie toegeknoop wees. GEEN skoolbaadjie mag sonder skoolskoene gedra word nie.
Informele Somersdrag
Dinsdag tot Vrydag
Leerders mag in die somer kaalvoet loop. Geen plakkies of ander skoene mag saam met skooldrag gedra word nie.
Wanneer die skoolbaadjie gedra word, is skoolskoene verpligtend.Dogters
- Rooi-en-wit blokkiesrokke
- Rooi ski-pant
- Kort wit sokkies
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos) en/of skoolbaadjie
Seuns
- Grys kortbroek met grys kortmouhemp
- Lang grys Willem Postma-skoolkouse
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos) en/of skoolbaadjie
Formele Wintersdrag
Dogters
- Blou Willem Postma-skoolrok (met swart sykouse of lang grys Willem Postma-skoolkouse)
- Blou Willem Postma-langbroek (met grys kouse)
- Wit langmouhemp wat tot bo toeknoop
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos)
- Skoolbaadjie en rooi das
Seuns
- Grys langbroek (met grys kouse)
- Wit langmouhemp wat tot bo toeknoop
- Lang grys Willem Postma-skoolkouse
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos)
- Skoolbaadjie en rooi das
Informele Wintersdrag
Dinsdag tot Vrydag
Leerders mag ook rooi handskoene, musse en serpe skool toe dra. Let asseblief daarop dat geen musse tydens klastyd gedra mag word nie.
Dogters
- Blou Willem Postma-skoolrok (met swart sykouse of lang grys Willem Postma-skoolkouse)
- Blou Willem Postma-langbroek (met grys kouse)
- Wit langmouhemp wat tot bo toeknoop
- Rooi das
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos) en/of skoolbaadjie
Seuns
- Grys langbroek (met grys kouse)
- Grys langmouhemp wat tot bo toeknoop
- Lang grys Willem Postma-skoolkouse
- Swart skoolskoene
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos)
- Blou Willem Postma-trui (langmou of mouloos) en/of skoolbaadjie
Sweetpakke (Sportperiode)
Dinsdag tot Vrydag
Graad 1-3 leerders mag die dag wat u kind se klas sportperiode het, sportdrag dra.
somer
- Willem Postma-broekrompie (dogters) / Willem Postma kortbroek (seuns)
- Willem Postma-sporthemp
winter
- Willem Postma-sweetpakbroek
- Willem Postma-sweetpakbaadjie
- Willem Postma-sporthemp
Sportdrag: Atletiek, landloop & tweekamp
Seuns en dogters
Rooi Willem Postma-atletiekhemp
Navy Willem Postma-jogger of navy Willem Postma-ski-pant
Sportdrag: Swem
Seuns en dogters
Rooi Willem Postma-swempet en rooi handdoek
Dogters: Willem Postma-swembroek
Seuns: Willem Postma-speedo / ski-pant / “jammer”
Sportdrag: Tennis & Mini-Tennis
Dogters
- Willem Postma-sporthemp
- Willem Postma-sportromp
- Willem Postma-sportpet
- Willem Postma-sportkouse
- Tennistekkies
Seuns
- Willem Postma-sporthemp
- Willem Postma-sportbroek
- Willem Postma-sportpet
- Willem Postma-sportkouse
- Tennistekkies
Sportdrag: Hokkie
Dogters
- Willem Postma-sporthemp
- Willem Postma-sportromp
- Rooi hokkiekouse
- Tekkies
- Rooi langmouhemp mag onder sporthemp gedra word
- Willem Postma-langmou sporthemp word ook toegelaat
Seuns
- Willem Postma-sporthemp
- Willem Postma-sportbroek
- Rooi hokkiekouse
- Tekkies
- Rooi langmouhemp mag onder sporthemp gedra word
- Willem Postma-langmou sporthemp word ook toegelaat
Sportdrag: Krieket & Mini-Krieket
Tekkies
Wit broek
Rooi hokkiekouse
Willem Postma-sportpet
Willem Postma-sporthemp
Sportdrag: Rugby
Seuns
Willem Postma-rugbytrui
Navy rugbybroek
Sportdrag: Netbal
Dogters
Tekkies
Willem Postma-sportromp
Willem Postma-sporthemp
Willem Postma-sportsokkies
Voortrekkers
Blou denimbroek
Navy Voortrekkerhemp
Tekkies