Ons Skool

Willem Postma Primere Skool Personeel
Mnr. Sakkie Matthee
Skoolhoof

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Baie welkom by Willem Postma se webblad.

Ons is ‘n gemengde primêre skool met bykans 1 100 leerders vanaf graad R tot graad 7.  Die skool is geleë in Dan Pienaar, ‘n noordelike woonbuurt van Bloemfontein.

Die skool kan in een sin beskryf word as “Die kaalvoetskool waar Christenskap geleef word.”  Ons opvoedkundige uitgangspunt is gebalanseerde kinders, eerder as oordrewe spesialisasie.  Dit is ons strewe om aan elke leerder so veel as moontlik geleenthede tot groei en ontwikkeling te bied.

ONS KRAG LÊ IN

1

God as Hoof

2

Gemotiveerde professionele personeel

5

Betrokke ouers

3

Toonaangewende onderrig en opvoeding

Vrymoedige leerders

ONS VISIE

Christelik verantwoordbare opvoedende onderwys aan ons leerders vir optimale ontwikkeling van elkeen se God-gegewe potensiaal.

ONS MISSIE

Om tot eer van God ons skool se leuse “LEWE IS DIENS” uit te leef en om die Afrikaanse taal en kultuureie te handhaaf en uit te bou.

Ons streef ons visie na deur:

  • goedopgeleide en professioneel gekwalifiseerde opvoeders aan te stel en te ontwikkel;
  • ‘n hoogstaande akademiese standaard te handhaaf en verder uit te bou;
  • gebalanseerde en Christelik verantwoordbare lewensopvoeding te laat plaasvind;
  • volgehoue doelmatige bestuur deur die beheerliggaam en onderwyskundige bestuurders aan te moedig;
  • die eie karakter en tradisie van die skool te koester en uit te bou en skooltrots aan te wakker;
  • ‘n entoesiastiese, deelnemende leerderkorps te vestig en aan te wend;
  • ouers en die gemeenskap bewus te maak van hulle verantwoordelikheid en betrokkenheid in die opvoedingsproses en teenoor die skool.

DIE 7 ANKERS VAN KARAKTER

OMGEE

omgee

Omgee is logies vir ons as kinders van die God van Liefde, daarom is liefde die dryfveer van ons aksies en karakter. Met “omgee” word ten doel gestel die herstel van die verhouding in gesinne, tussen kollegas en rasse deur meelewing, empatie, bedagsaamheid, dankbaarheid en vergifnis toe te pas.

betroubaarheid

betroubaarheid

Betroubaarheid is ‘n noodsaaklike waarde wat onderrig en vasgelê moet word, omdat ons ‘n land nodig het met mense van integriteit, eerlikheid en lojaliteit en te sorg dat hierdie waardes kan voortbestaan – so ook teenwerking van oneerlikheid, diefstal en leuens.

respek

respek

Respek is die kernwaarde oor hoe ons mense behandel. Erken ons verskille? Luister ons na mekaar? Los ons konflik op sonder geweld en toon ons goeie maniere?

verantwoordelikheid

Verantwoordelikheid

Verantwoordelikheid is die kern van persoonlike waarde – om nie ‘n slagoffer van jou omstandighede te wees nie, om selfbeheersing en ‘n positiewe houding te hê, te strewe na uitnemendheid en om ‘n goeie voorbeeld te stel.

REGVERDIGHEID

regverdigheid

Regverdigheid vereis dat die individu ander moet behandel soos wat hy of sy behandel wil word – mededeelsaamheid, geen voorkeurbehandeling nie, onpartydigheid en veroordeel nooit.

Burgerskap

Burgerskap

Goeie Burgerskap behels al die bogenoemde waardes wat ‘n Suid-Afrikaner kweek wat met trots sal bydra tot die gemeenskap – deur wette te gehoorsaam, die omgewing en natuur te respekteer en goeie buurmanskap.

geloof

geloof

Geloof is die essensie van ons bestaan. Geloof in Jesus Christus. Sy volmaakte karakter en sy voltooide werk is die eienskap wat ons van die wêreld onderskei. In hierdie geloof lê ons krag, hoop, verwagting en die vermoë om tot ons beste self te ontwikkel.

ONS skoollied

album-art
00:00
cropped-FAVICON.png

Groot is ons skool se liefde vir ons land 

Sterk werk ons saam en wandel hand aan hand 

Trou wil ons staan aan land en skool en kerk 

Trou wil ons dan volbring ons daaglikse werk 

Diens aan ons Skepper trou van uur tot uur 

Diens aan ons volk dat elkeen sal verduur 

Stampe en stote, maar glimlag elke dag 

Diens aan ons skool in wandel en gedrag 

Kom laat ons bou aan onse roem en faam 

Aan Willem Postma trotse, grote naam 

Gee elke dag ons liefde ongesiens 

Laat ons dan uitleef “Lewe is diens!” 

Laat ons dan uitleef “Lewe is diens!”