Preprimêr

welkom by willem postma preprimêr

By ons is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.
Ons klein-Possies besef nie eers hulle werk wanneer ons speel-speel hul vaardighede uitbrei en versterk nie. Ons werk aan grootmotoriese sowel as fynmotoriese, perseptuele en kognitiewe ontwikkeling. Sosiale en emosionele ontwikkeling is vir ons belangrik sodat ons onafhanklike, selfversekerde kindertjies graad 1 toe kan stuur. 
Saam met opgeleide personeel identifiseer ons probleemareas en werk dan saam met spraak- , spel- en arbeidsterapeute om agterstande in te haal en hindernisse te oorkom. Ons doen skoolgereedheidstoetse by die skool om te verseker dat ons klein-Possies wel gereed is wanneer hulle na die “groot skool” toe moet gaan en help ouers wat vrystelling moet kry.
Ons poog om in Afrikaans en binne ‘n veilige, stabiele en gelukkige omgewing kinders op te voed volgens Christelike beginsels. 

Vir enige navrae rondom inskrywings vir Willem Postma Preprimêr kontak gerus die kantoor:

 051 436 2730 

"Elke kind kom met die boodskap dat God nog nie moed opgegee het met die mensdom nie."

PREPRIMÊR

90
Marzanne Booyens Skoolhoof
92
Margi
Marais
Sekretaresse
91
Ilse
Nel
Onderwyseres
32
Chanell
Kotze
Onderwyseres
31
Jeanne
Louw
Onderwyseres
74
Caroline Smith Onderwyseres
36
Michelle Pretorius Onderwyseres
35
Jo-Ann Pietersen Assistent-
onderwyseres
96
Nicolene
Claassens
Assisstent-
onderwyseres
38
Marizaan
De Roubaix
Assistent-
onderwyseres
34
Maretha
de Kock
Assisstent- onderwyseres
65
Chrisette
Herbst
Assistent-
onderwyseres

TERREINPERSONEEL

18
Esther Skosana
19
Rosy Rantoetse

Baie dankie aan Northridge Mall vir ons pragtige hempies asook SunFire vir die foto’s.