Preprimêr

welkom by willem postma preprimêr

By ons is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.
Ons klein-Possies besef nie eers hulle werk wanneer ons speel-speel hul vaardighede uitbrei en versterk nie. Ons werk aan grootmotoriese sowel as fynmotoriese, perseptuele en kognitiewe ontwikkeling. Sosiale en emosionele ontwikkeling is vir ons belangrik sodat ons onafhanklike, selfversekerde kindertjies graad 1 toe kan stuur. 
Saam met opgeleide personeel identifiseer ons probleemareas en werk dan saam met spraak- , spel- en arbeidsterapeute om agterstande in te haal en hindernisse te oorkom. Ons doen skoolgereedheidstoetse by die skool om te verseker dat ons klein-Possies wel gereed is wanneer hulle na die “groot skool” toe moet gaan en help ouers wat vrystelling moet kry.
Ons poog om in Afrikaans en binne ‘n veilige, stabiele en gelukkige omgewing kinders op te voed volgens Christelike beginsels. 

Vir enige navrae rondom inskrywings vir Willem Postma Preprimêr kontak gerus die kantoor:

 051 436 2730 

"Elke kind kom met die boodskap dat God nog nie moed opgegee het met die mensdom nie."

PREPRIMÊR

4
Marzanne Booyens Skoolhoof
7
Margi
Marais
Sekretaresse
2
Ilse
Nel
Onderwyseres
9
Chanell
Kotze
Onderwyseres
5
Michelle Pretorius Onderwyseres
11
Caroline Smith Onderwyseres
3
Maretha
de Kock
Assisstent- onderwyseres
8
Jo-Ann Pietersen Assistent-
onderwyseres
1
Zarine
Potgieter
Assisstent-
onderwyseres
6
Jeanne
Louw
Gr. RR
onderwyseres
10
Marizaan
De Roubaix
Gr. RR
onderwyseres

TERREINPERSONEEL

83
Rosy Tsoehlise
81
Esther Skosana
84
Meshack Mogoqi